Rubicon en Tshwane

Deel op

Indien dit die oogmerk van die ANC was om oud-pres. FW de Klerk se geloofwaardigheid oor die sukses daarvan om 20 jaar gelede die Rubicon oor te steek, in die tande te skop, is daar met die aangekondigde naamsverandering van Pretoria na Tshwane uitstekend mee geslaag.

Die wyse waarop dit uiteindelik hanteer is – ‘n lysie in die Staatskoerant – lyk na ‘n onbelangrike regstelling van die spelling van ‘n riviertjie iewers se naam.

In werklikheid is die administratiewe hoofstad van die land se naam op hierdie wyse verander.

Dit is ‘n saak waarby elke landsburger ‘n belang het.

Dit is ‘n emosionele saak, en die prosesse wat die ANC tot dusver gevolg het kom uit die handboek van hoe om dinge verkeerd te doen.

Dit het al verskeie kere in die hof gaan draai met baie eier in die ANC se gesig, en die aangeleentheid is trouens op die oomblik nog sub judice.

Nie net is dit ‘n onwelriekende vis aan die feestafel van diegene wat die Rubicon-gebeure vandag herdenk nie, dit is die vonk in die kruitvat van ‘n land wat reeds erg gepolariseerd is.

Hierdie saak gaan ook nou ‘n toets word vir mnr. De Klerk se versekerings van wigte en teenwigte, waarskynlik die mees omstrede uitlopers van sy Rubicon-stap.

ads onФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.