Tokyo se retoriese kaf

Deel op

Dit is met geen verbasing dat ek van Tokyo Sexwale se poging om die regering se nie-prestasie te probeer toesmeer, lees nie. Hy het volgens aanduidings aan die parlementere komitee oor huisvesting die boeregemeenskap beskuldig van ‘n menseslagting en dit vergelyk met wat in Haïti gebeur het.

Volgens hom is die mense van laasgenoemde land uit hulle huise omdat die grond sodanig “geskud” het en hier in ons land blykbaar omdat die boere die horde plakkers tans in informele nedersettings, van hulle plase gejaag het.

Dit plaas hom ook in die koor saam met die Malemas. Boonop laat dit mens wonder of hy voorspraak maak vir die presidentspos van die ANC. Ons het mos deur ervaring geleer dat na so ‘n ou stappie die een van Staatspresident die volgende is. 

Sexwale reken dat hierdie nedersettings net deur eks-plaaswerkers bewoon word en nie deur buitelanders vanweë die swak grensbeheer die afgelope 15 jaar nie. Dit het meegebring dat hordes onwettige immigrante so ver as vanaf die Kongo by ons kom afpak het. Baie van die plaaswerkers kom vanaf Zimbabwe wat daar deur Mugabe saam met die grondeienaars van plase afgejaag is.

Baie van hulle was nie so gelukkig om die grens oor te steek nie en is deur mal Bob, ‘n troetelnaam vir die politieke dinosaurus, se waansinnige trawante vermoor. Baie van hierdie eks-plaaswerkers werk tans op plase tot in De Doorns waar xenofobie onlangs weer kop uitgesteek het.

Om die boere van so iets te beskuldig is niks minder as laakbaar nie. Ek het nog van geen werkgewer gehoor wat iemand ‘n werk en behuising aanbied en as hy nie langer werk nie en hy nog verblyfreg het nie. Is Sexwale bereid om dit op sy plasie in Franschoek vir my en my gesin te doen?

Die regering van die dag is al vir vyftien jaar besig met grondhervorming wat lyk asof hulle net plase aan uitverkoses soos Sexwale en van sy kaders oorhandig. Plase wat aan vorige benadeeldes gegee beland binne rekordtyd op die ashoop en word hierdeur nie-ekonomiese entiteite.

So verswak ons landbou-ekonomie jaarliks en sal ons toekomstig alle basiese stapelvoedsel moet invoer. Wat hy ook vergeet is dat sy regering die boeregemeenskap lankal uitverkoop het en baie boere finansieël ondergegaan het en noodgedwonge personeel moes verminder.

As ‘n sogenaamde ”suksesvolle” sakeman toon hy min begrip vir sulke kwessies en is sy uitlatings doodgewone retoriese kaf. Ons landbou is in ‘n haglike toestand en as hy dink dat die boer die werkverskaffer vir miljoene werkloses in informele nedersettings is, kan mens net wonder oor sy integriteit en ware bedoelings.

Die regering moet werk skep as deel van sy oorhoofse funksie deur die ekonomie te stimuleer sodat ons investering kry. Plaaslike markte moet beskerm word, andersins sal geen besigheid floreer nie, ingesluit die landbousektor. Hierdie basiese goed word nie gedoen nie en derhalwe sien die buitelandse belegger ons as riskant en ‘n onbetroubare vennoot. Daar’s hoevele ontluikende markte waar die risiko laer is.

Nee wat, Sexwale se opmerkings is deursigtig en tot die liberaalste van liberales sien teen die tyd ook al lankal deur mense soos hy se patetiese verweer vir sy regering se onbeholpenheid.

goldilocks and the wild bearsФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.