Tamils ttussen die duiwel en die diep blou see

Deel op

‘n Keuse tussen die duiwel en die diep blou see … en nou het die duiwel gewen.

Vir Sri Lanka se Tamils het die see nog nooit enige vrees ingeboesem nie. Hul voorouers het van die Indiese subkontinent gekom, en bande is heen en weer behou, en dit is van waar af miljoene dollar vir hul onafhanklikheidstryd gekom het.

Maar in Sri Lanka is die Tamils ‘n minderheid teenoor die einlandstaat se meerderheid Singalese. Die Singalase, soos ‘n mens uit die naam kan aflei, dui op die “leeumense”, en dit was daarom nie snaaks dat die Tamils in hul afskeidingstryd die tier as simbool gekies het nie, en die opstandelinge se organisasie as die Tamil Tiere bekend sou staan nie.

In die burgeroorlog van meer as ‘n kwart eeu is nie net baie lewens ingeboet nie, maar ‘n miljoen Tamils bevind hulle nou na raming in die buiteland, veral Kanada, Brittanje en Australië. Ook Thailand en Suid-Afrika het groot Tamilbevolkings, en hoewel hul diaspora uit ander eras dateer en hoofsaaklik uit Indië afkomstig is, is hul steun ook grootliks vir die onafhanklikheidstryd.

Na raming het die Tamils in diaspora jaarliks sowat $300 miljoen tot die Tamils se oorlogspoging bygedra.

Ironies was die steun vir die Tamils se stryd in Sri Lanka nie oral so hoog soos onder die mense in diaspora nie. Die rede is gewoon dat die Tamil-inwoners self dikwels onder die tirannieke optredes van die rebelleleiers deurgeloop het, en gemagtigdes gejag is. In diaspora, met ‘n romantieke nostalgie, is die grondvlakwerklikhede dikwels onbelangrik. Hierdie verskynsel is nie uniek onder die Tamils nie. Ook die Ierse Republikeinse Leër, wat in Ierland verbied was, het baie geld, wapens en morele steun van die groot Ierse bevolking in diaspora in die VSA gekry. Ook van die Armeniërs in diaspora het baie radikaler ontaard as hul volksgenote in die voormalige Soviet-Armenië.

‘n Belangrike keerpunt het vir Sri Lanka se Tamils aangebreek toe die regering van die land alle bemiddelingspogings, waaronder dié van Roelf Meyer, by die venster uitgesmyt het en besluit het om die konflik militêr te besleg. Dit het uiteindelik gebeur, maar met dieselfde soort geweld en onderdrukking van vryheid as wat die mees radikale Tamil-leiers gekenmerk het.

Die ironie is dat die Tamils oor die algemeen, en veral in die buiteland, in die afgelope presidentsverkiesing hoofsaaklik  die kandidatuur van die militêre leier wat die Tiere verslaan het, Sarath Fonseka, teensinnig gesteun het.  Fonseka het onderneem om aan die Tamils se griewe aandag te skenk. Hy het ook nie geskroom om die blaam vir oordadige geweld en teregstellings van Tamilleier wat oorgegee het, asook internernerigskampe waarin glo tot 300 000 Tamils nog aangehou word, op die regering se brood te smeer nie. Die Tamil National Alliance, wat min of meer met die RRL se politieke vleuel, Sin Fein, vergelyk kan word, het byvoorbeeld ook formeel hul gewig by Fonseka se verkiesingspoging ingewerp.

Die sittende president, wat ook oorweldigend gewen het, Mahinda Rajapaksa, word as heel onsimpatiek teenoor die Tamilsaak beskou. Sy herverkiesing hou niks goeds in vir die gesindhede tussen Tamils en Singalese nie, en is met afgryse deur die Tamils in diaspora ontvang.

Sommer gou is ‘n sambreelliggaam vir Tamils wat hulle vir ‘n Tamilstaat in Sri Lanka beywer in die lewe geroep, die Global Tamil Forum. Formeel word ‘n soort regering in ballingskap vir die Sri Lankaanse Tamils beoog. Op die oog af lyk dit of hierdie groep nou gaan besin oor die verskillende opsies om die Tamilsaak in Sri Lanka te dien, solank dit die herlewing van die militêre stryd is. Nie alle Tamils in Sri Lanka is ewe opgewonde hieroor nie, omdat hulle weer die spit gaan afbyt, terwyl ‘n minderheid in diaspora ook ongelukkig is omdat die vorige rondte daartoe gelei het dat die gemagtigdes in Sri Lanka erg deurgeloop het.

‘n Ander opsie is om die lande van die wêreld sover te kry om Sri Lanka se uitvoerprodukte te boikot. Een van die bekendstes is vroue-onderklere.

 

casino notopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.