Hoër brandstofpryse onnodig

Deel op

“Die aankondiging deur die Departement van Energie dat brandstofpryse met 18 sent verhoog gaan word en die dieselprys met 10 sent vanaf volgende maand, is ontstellend.

NUUT!

“Die algemene verbruiker gaan reeds gebuk onder nadelige ekonomiese omstandighede en ‘n ekstra lading word nou weer geplaas op die verbruiker van brandstof,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Energie gesê.

Die VF Plus is bekommerd oor die formule wat steeds gebruik word vir die berekening van die brandstofprys. Die formule begunstig tans olie- en brandstofmaatskappye aangesien die formule die internasionale petrolprys eerder as internasionale oliepryse as vertrekpunt gebruik.

Die effek hiervan is dat daar geweldig baie voordele in die formule ingebou is wat oliemaatskappye bevoordeel en die verbruiker benadeel. Suid-Afrika voer nie petrol in nie, maar wel olie wat plaaslik geraffineer word. Die gebruik van internasionale petrolpryse trek die formule dus skeef.

 

косметика для детейлобановский александр игоревич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.