Medisyne raak op in Haïti

Deel op

Volgens dokters en noodlenigingswerkers is die behandeling van duisende oorlewendes in Haïti ‘n onbegonne taak.

Basiese mediese voorraad, soos antibiotika en pynstillers, raak gevaarlik min by hospitale in Port-au-Prince sowel as op die platteland.

Dokters kan nie bybly met die oorweldigende aanvraag na medisyne nie.

Dr. Nancy Fleurancois wat in ‘n hospitaal in Jacmel werk, het aan ‘n VN-amptenaar gesê sy behandel ten minste 500 pasiënte per dag.

Party van hulle kry vir die heel eerste keer sedert die aardbewing twee weke gelede, enigsins mediese aandag.

Dokters en noodlenigingswerkers is desperaat vir antibiotika en chirurgiese toerusting.

“Ons het nóg hulp nodig,” het sy gesê.

Omtrent 20 000 in Jacmel is dakloos na die verwoestende aardbewing die land geruk het.

Intussen is tien Amerikaners Saterdag deur polisie in Haïti vasgekeer terwyl hulle ‘n bus met 33 kinders aanboord na Dominica probeer neem het. ‘n Kerkgroep wat die kinders vergesel het, het glo nie die nodige dokumentasie gehad nie.

Die lede van die kerk in Idaho sê hulle wil help om wesies van die aardbewing na die naburige Dominica neem waar ‘n tehuis vir hulle opgerig sal word.

Owerhede vrees ‘n toename in kinderhandel vanweë die groot aantal weeskinders wat op straat sit sonder sorg.

no deposit slotsлобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.