Sexwale blameer boere verkeerdelik

Deel op

Minister Tokyo Sexwale is verkeerd as hy Suid-Afrikaanse boere blameer vir die regering se onvermoë om verstedeliking doeltreffend te bestuur en om huise aan duisende mense in informele nedersettings te verskaf.

Verstedeliking is ’n internasionale verskynsels wat in alle Afrika-stede voorkom ongeag of daar kommersiële boere soos in Suid-Afrika is of nie.

Wat wel korrek is, is dat die regering die afgelope vyftien jaar groot onsekerheid in plattelandse gebiede geskep het met hulle beleidsrigtings teenoor Suid-Afrikaanse kommersiële boere. Dit is onbillik om te verwag dat boere in landelike gebiede moet belê en meer werk moet skep as hulle geen sekerheid het oor hulle grond, hulle veiligheid en selfs net die voortbestaan van hulle kinders se skole nie.

As die regering hierdie probleme aanspreek sal hulle verbaas wees oor die goedgesindheid en positiewe benadering by meeste boere om landelike gebiede te ontwikkel en om so te help om die verstedelikingstroom te vertraag.

купить куклыОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.