Haïtiane ondersoek stappe om natuurrampe te beheer

Deel op

{jathumbnail off}

In Port-Au-Prince, hoofstad van Haïti, klink hiënageluide op in die nag. Dis die stemme van mense wat diere namaak terwyl hulle gebroke gebede prewel en bietjies-bietjies rum op die grond stort om die dooies terug te roep.

Die Voedoeritueel speel in die stad se sentrale begraafplaas af waar Katolieke frases in Kreools gladweg met voedoespreuke meng.

Kem kontan Jesus renmem, aleluya.
Ek is so bly Jesus het my lief.

Hulle roep die geeste van Afrika op. “Ons is nie bang om die geeste van Guinee te dien nie,” sê die priesteres.

As die aarde skud, is dit nie tektoniese plate wat beweeg nie, maar ‘n heelal van geeste, gode, gedrogte wat in die verbeeldings van die eiland se bevolking leef.

Die ramp wat Haïti op 12 Januarie getref het, was ‘n waterskeiding vir Amerikaanse sendelinge. Die weerstand teen hulle evangeliserende werk maak dit nou bykans onmoontlik om met die talle slagoffers te skakel.

Haïtiane hou naamlik Christelike inmenging verantwoordelik vir die katastrofe. Hulle voel ook dat Protestantse sendelinge die ramp misbruik om inwoners te bekeer en om geld in te samel.

“Dis Protestante wat voedoe verantwoordelik hou vir die aardbewing. Hulle wil voordeel trek uit die gebeurtenis om mense in die kerke te kry.” So praat ‘n middeljarige inwoner wat langs die begraafplaas woon.

Volgens haar is Katolieke nie veroordelend teenoor voedoe nie en laat hulle gebede met voedoeinslag geredelik toe.

Die siele van dooies wat in klaagroepe ontbied word, is ‘n klomp kwelgeeste wat gewoonlik swart sonbrille en keile dra. Hulle name is ongewoon: Klein poep of Simpel kruis. Van die duurste rum, Barbancourt, word voor hulle op die grond uitgestort met hulle verskyning.

Die bekende televangelis, Pat Robertson, het verlede week gesê Haïti se ramp is veroorsaak deur ‘n pakt met die duiwel wat die inwoners in die 18de eeu aangegaan het om hulle vryheid van die Franse te verkry.

купить футболку для девочки подросткалобановский александр игоревич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.