Skoolhoof aangerand oor Afrikaanse voorkeur

Deel op

‘n Skoolhoof van Rainbow Primary School in Wesbank, Delft, Brent Bruintjies, loop tans met sy arm in ‘n verband nadat woedende ouers dit gedraai het gedurende ‘n argument.

IOL berig die ouers het die hoof daarvan beskuldig dat die skool Xhosakinders afskeep en voorkeur gee aan Afrikaanssprekende kinders.

Die Afrikaanse klasse word volgens die ouers nie ontwrig nie, terwyl die graad een en twee klasse vir Xhosakinders saamgesmelt is.

Meer as 20 ouers wil glo hê die klasse moet apart wees en het die hoof daaroor gaan spreek, maar hy wou nie na hulle luister nie.

Hy het probeer wegkom maar is deur die ontstoke ma’s gekeer. Sy arm is in die proses gedraai en sal volgens die dokter wat hy geraadpleeg het, ses weke neem om te herstel.

Die Weskaapse kommunikasiehoof van onderwys, Paddy Attwell, is nie bewus van die gebeure nie, maar het belowe om die saak met die skool en hoof op te neem.

сауна русские баниФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.