‘Red Haïti’ sê Clinton

Die voormalige Amerikaanse president, Bill Clinton, het korporatiewe sakeleiers by die Wêreldekonomiese Forum aangemoedig om die ramp in Haïti te gebruik as ‘n geleentheid om die rampgeteisterde Karibiese eilandbevolking van geslagtelange armoede te red.

“Hulle moet gehelp word deur hierdie vreeslike ramp,” het Clinton in sy toespraak gesê.

Die VSA vrees ‘n toestroming van swart vlugtelinge ná die aardbewing die eiland in puin gelê het.

Dit volg nadat reddingswerkers Woensdag ‘n 16-jarige meisie, Darlene Etienne, na 15 dae onder die puin uitgehaal het.

Volgens dokters is sy stabiel, maar ongelooflik gedehidreer, aan boord ‘n Franse hospitaalskip.

“Ek kan dit nie medies verduidelik nie, maar sy het vanoggend vir my gesê dat sy niks geëet of gedrink het nie,” het Evelyne Lambert, die hoof-dokter aan boord die Siroco, gesê.

Bure het Woensdag haar noodroep gehoor en reddingswerkers na die toneel ontbied.

Dokters was bekommerd dat haar hart sal gaan staan omdat sy so swak was. Sy is sover die persoon wat die langste vasgekeer was na die aardbewing en dit oorleef het.

Internasionale fondse wat vir Haïti ingesamel is het Donderdag die $2 miljoen-perk  bereik, het die Verenigde Nasies verklaar, maar ‘n groot taak lê egter voor om die land weer op die pad van herstel te plaas.

саун иФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.