Verkragters sak op Haïti-slagoffers toe

Deel op

Rampokkers in Haïti het begin toesak op die kwesbare slagoffers van die aardbewing en selfs vroue begin verkrag, het die land se polisiehoof Donderdag gesê.

“Misdadigers het begin om vroue en meisies aan te rand en onder die tente te verkrag,” het die nasionale polisiehoof Mario Andresol gesê,

“Ons het meer as 7 000 gevangenes in die strate wat die aand van die aardbewing uit die tronk ontsnap het. Dit het ons vyf jaar geneem om hulle vas te trek, nou hardloop hulle vry rond.”

Misdaadsyfers was nog nie bekend nie, maar vroue-organisasies was klaar bewus van talle voorvalle en die Verenigde Nasies is reeds ingelig, het Andresol gesê.

Volgens hom het die polisiediens uit sowat 8 000 lede bestaan, maar talle is nou dood of nog vermis. Baie van die oorlewende amptenare is getraumatiseer.

“Ons het 70 polisie amptenare verloor, bykans 500 is steeds vermis en 400 is beseer,” het hy gesê.

play cluedo online for free no downloadДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.