Die arrogansie van Eskom

Deel op

“Die Vryheidsfront Plus verwerp met minagting Eskom se roekelose houding jeens alle Suid-Afrikaners. Dit is duidelik dat Eskom homself nou opstel, naas misdadigers en ‘n korrupte ANC-regering, as die grootste vyand van die mense van Suid-Afrika,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Energie gesê. “Dit is skreiend dat Eskom, na al die sinvolle  voorleggings wat gemaak is, steeds geen dieper insig in die effek van die verhogings ontwikkel het nie en nog minder gepoog het om van die goeie alternatiewe wat voorgestel is in hulle eie plan in te bou nie. Dit getuig van ‘n roekelose minagting vir die publiek.”

Om sake te vererger het Eskom reeds ‘n advertensieveldtog op openbare senders begin om die tariefverhogings te regverdig. Dit is oneties en disrepsekvol teenoor die publiek wat verwag dat Nersa eers sy studie tot die meriete al dan nie van tariefverhogings sal voltooi. Hierdie optrede kan dit ook ‘n grondige rede maak om later ‘n hersieningsaansoek in die hof teen Nersa se bevinding te loods. Hierdie optrede van Eskom is tekenend van ‘n organisasie wat seker is dat hulle aansoek alreeds geslaag het nog voordat Nersa ‘n besluit geneem het. Die vraag wat gestel kan word, is wat weet Eskom wat die publiek nie weet nie? Was die besluit om krag te verhoog alreeds geneem tussen die onderskeie hoofrolspelers, te wete die regering, Eskom en Nersa, of sal die publiek ‘n regverdige en sinvolle aanbeveling van Nersa ontvang?

Die VF Plus sal die uitkoms van die proses monitor. Die feit bly egter staan; Eskom kan nie vertrou word nie.

слесарь насосного оборудованияФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.