Kenia het na afloop van die vorige verkiesing in 2007 moes reken met etniese konflik wat ten minste 1 300 se lewens geëis het, en nog 300 000 mense haweloos gelaat het.
Die geweld het Kenia se reputasie as ‘n vreedsame Afrikaland en gunsteling toeristebestemming, groot skade berokken.
Intussen is ‘n koalisieregering gevorm, maar die regering kon die afgelope paar jaar min uitrig te midde van interne geskillle.
Reuters berig dat die VSA Dinsdag gewaarsku het dat Kenia dalk weer onder geweldadige konflik kan deurloop indien langverwagte beleidsveranderinge nie plaasvind nie en dit selfs voor dié land se presidensiële verkiesing in 2012,
“Die meeste Keniane stem saam die tyd om betekenisvolle verandering teweeg te bring sal uitloop teen die einde van vanjaar, so die koalisieleiers moet met mening en meer dringendheid optree,” het Michael Ranneberger, die Amerikaanse ambassadeur in Kenia, in Nairobi by ‘n byeenkoms vir sakelui gesê.
Daar is reeds ‘n reisverbod op sekere senior Keniaanse amptenare om na die VSA te reis deur Washington ingestel en dit mag uitgebrei word volgens Ranneberger.