Bennet-getuie glo gemartel

Deel op

Zimbabwe se hooggeregshof het Maandag die getuienis van ‘n sleutelgetuie in die saak teen Roy Bennett verwerp nadat die man in die hof gesê het hy is gemartel sodat hy vals getuienis kon lewer.

Bennett is die tesourier van eerste minister Morgan Tsvangirai se party, die MDC, en sy voortslepende hofsaak is een van die redes waarom die huidige magsdelingsooreenkoms tussen die MDC en president Robert Mugabe se Zanu-PF onder druk verkeer. 

Die getuie, Peter Hitschmann, is saam met Bennett aangekla van sameswering om die president te vermoor, maar die klag teen Hitschmann is later verminder na die onwettige besit van vuurwapens.

Hy is as hoofgetuie teen Bennett geroep, maar het in die hof die land se veiligheidsmagte daarvan beskuldig dat hulle hom gemartel het sodat hy ‘n verklaring teen Bennett sou aflê.

Мордвиновтопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.