PRAAG-geselsforum beskikbaar vir uitgebreide debatte

Deel op

Terwyl ons verheug is oor die aantal besoeke wat ons ontvang, asook die lewendige debat op die Disqus-kommentaarfunksie wat sommige artikels uitlok, wil ons lesers daarop attent maak dat die PRAAG-geselsforum soms ‘n beter plek kan wees om langdurige debatte en gesprekke tussen lesers te voer.

Die forum hou onder andere die volgende voordele in:

  1. Die kategorieë, onderwerpe, ens., bly permanent beskikbaar en sigbaar sodat u nie vir ‘n artikel wat moontlik weke of maande gelede verskyn het hoef te gaan soek om u kommentaar of reaksie daarop te lees nie.
  2. U bydrae en die inhoud wat u skep, is vir die hele internet sigbaar (“soekbaar” deur Google, Yahoo, Bing, ens.). Een van die nadele van die Disqus-kommentaarstelsel is dat kommentaar nie op Google se indekse verskyn nie.
  3. U bydrae sal op ‘n meer permanente basis op die forum gepubliseer bly sodat mense in die toekoms dit eintlik oor en oor sal lees, soos wat hulle deur die forum snuffel.

Lesers en deelnemers is natuurlik welkom om kommentaar wat hulle reeds onderaan artikels op Disqus gelewer het, ook op die forum onder bepaalde onderwerpe te plak, waar Google en ander soekenjins dit kan “raaksien” en kan opneem.

Binnekort sal ons poog om die forum beter met die webwerf te integreer sodat u met een gebruikersnaam en wagwoord op albei tegelyk kan inteken. Heel moontlik sal dit bloot as ‘n onderafdeling van die webwerf self kan funksioneer, afhangend van al die tegniese uitdagings wat ons teëkom. Tot dan sal u egter van nuuts af aan op die forum moet registreer en deur die administrateur gemagtig moet word (‘n anti-gemorsposmaatreël) alvorens u vrylik bydraes kan plaas.

Daar is reeds 130 gebruikers by die forum geregistreer, dus behoort dit vinnige momentum te kry indien ‘n gedeelte van die uitvoerige gesprekke wat tans op die Disqus-kommentaarfunksie plaasvind, na die forum verskuif.

игрушкиtopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.