Waar die Afrikaners woon

Deel op

{jathumbnail off}

Met die hernude belangstelling in die konsep van selfbeskikking wat uiteindelik op ‘n volkstaat sal uitloop, het ek kaarte gaan haal by Statistiek Suid-Afrika se webwerf. Hierdie kaarte toon aan welke bevolkingsgroep die meerderheid in ‘n bepaalde provinsie of metrogebied is. Die data is aangepas vir die 2009 huishoudelike opnames. Vir die doeleindes hiervan het ek die blanke bevolking as ‘n surrogaat vir Afrikaners gebruik, siende dat Afrikaners myns insiens per definisie blankes is.

Alhoewel Suid-Afrika nege provinsies het, publiseer ek slegs dié provinsies wat uit ‘n demografiese oogpunt van die heel grootste belang sou wees, dws die Weskaap, Gauteng en die Noordkaap. Daar is kennelik dorpe in ander provinsies met beduidende konsentrasies blankes, byvoorbeeld Potchefstroom, Bloemfontein en ander, maar ek het slegs die kaarte met die grootste aantal blankes hier weergegee. Ek het die Noordkaap spesifiek gekies omdat beide Orania en die VF+ se voorgestelde volkstaat daar geleë is. Die ander provinsies, veral dié aan die ooskus en Limpopo, is helaas bykans pikswart, met slegs bykans onsigbare kolletjies (op ‘n provinsiale skaal) waar blankes en Indiërs die meerderheid vorm.

Ligte gebiede bevat ‘n meerderheid blankes en pers gebiede is waar geen groep ‘n volstrekte meerderheid is nie

Gauteng is die enigste provinsie wat beduidende konsentrasies blankes bevat, as mens op provinsiale skaal daarna kyk. Vir die ander provinsies is dit moeilik om eens die blanke konsentrasies raak te sien.

Die Noordkaap bevat geen gebied waar blankes in die meerderheid is nie. Dit het wel ‘n groot aantal gebiede waarin kleurlinge ‘n meerderheid is. Indien die bruines skielik en wonderbaarlik ‘n nasionale identiteit sou ontwikkel, sou die Noordkaap stellig ‘n uitstekende onafhanklike kleurlingstaat kon wees.

Die volgende stel kaarte is op ‘n metrovlak. Dit dui aan waar blankes ‘n meerderheid is in die Weskaap en Gauteng se metrogebiede. Uit die onderstaande kan gesien word dat Pretoria, die Oosrand en Johannesburg uit ‘n demografiese oogpunt die beste kandidate sou wees. Tussen hulle bevat hulle die grootste konsentrasie blankes in Suid-Afrika.

Helder oranje gebiede het ‘n blanke meerderheid

Die enigste beduidende gebied waar blankes in die meerderheid is in Kaapstad, is aan die Atlantiese kusstrook van Kaapstad, asook ‘n gedeelte van die Noordelike Voorstede soos Bellville en Durbanville. Soos die DA kan getuig is die Weskaap egter in wese besig om te verander in die heimat van die bruines en Xhosas.

As jy dan wel ‘n volkstaat wil uitroep, wil visvang waar die visse is, en nie miljoene Afrikaners wil probeer oortuig om te trek na ‘n streek sonder ekonomiese geleenthede nie, lyk dit vir my asof Gauteng en die Weskaap, en spesifiek noordelike Johannesburg, Pretoria en die Oosrand, die enigste lewensvatbare kandidate vir ‘n volkstaat gaan wees. Selfs daar sal daar weliswaar gelap moet word om die gebiede aaneenlopend te kry.

In hierdie verband – lapwerk – plaas ek hieronder ‘n baie interessante kaart. Donkergroen dui gebiede aan op die Wesoewer van die Jordaanrivier wat onder die Palestynse Owerheid se beheer is. Let op hoe dit, nes die gebiede met ‘n blanke meerderheid in Gauteng, ook na ‘n laslappie-kaart lyk. Let veral op hoe die Wesoewer ook geen seetoegang het nie, nes Lesotho en Switserland. ‘n Gebrek aan seetoegang is uiteraard ‘n gunstelingverskoning van diegene wat weier om demografiese realiteite in die gesig te staar. Let voorts op hoe die Palestyne se gebied uit twee geografies-afsonderlike streke bestaan: die Wesoewer en die Gasa-strook. Die Kaap is weliswaar veel verder van Gauteng af as die Gasa-strook van die Wesoewer af, maar weer eens: wat verhoed ons om ook ‘n volkstaat te hê wat uit twee gebiede bestaan?

As die Palestyne dit kan bestuur, verstout ek my om te raai Afrikaners kan ook so maak. Al wat ontbreek, is die politieke wil om onsself te bevry.

you play gamesФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.