Ventersdorp geraak deur diensleweringsgeweld

Deel op

Minister Sicelo Shicka het inwoners van die Tshinglokasie Maandag ontmoet na grootskaalse protes en geweld oor swak dienslewering gedurende die pas afgelope naweek plaasgevind het, het die ANC van Noordwes bevestig.

Die vergadering is in die stadion van Tshing  gehou nadat ontevrede inwoners die strate  in die omgewing van Ventersdorp die naweek ingevaar het.

Ontmoetings tussen regeringsamptenare en inwoners van Boikhutso, Welgevonden, Goedgevonden, en Tsetse word vir Woensdag in die vooruitsig gestel.

Die naweek se protes het in geweld ontaard met dele van die N14 wat afgesper is.

Volgens die polisie is een persoon Saterdag weens openbare geweld in hegtenis geneem, nadat sowat 70 inwoners ‘n motor onder die klippe gesteek het en probeer het om paaie in Goedgevonden af te sper.

Die ANC het ‘n beroep op inwoners in dié gebiede gedoen om hulleself van openbare geweld te distansieer.

машины для мальчиковФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.