Nuwe strategieë nodig vir Afrikanersukses

Deel op

“Afrikaners het telkens in die verlede sukses bereik waar hulle op militêre, politieke en kulturele terrein hulle strategieë by nuwe omstandighede aangepas het. Daarteenoor het mislukkings gevolg waar ou metodes op nuwe omstandighede toegepas is,” volgens dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Dr. Mulder het die naweek by Spioenkop gepraat tydens ’n herdenkingsgeleentheid vir die veldslag wat hier tydens die Anglo-Boereoorlog plaasgevind het. Die Slag van Spioenkop het presies 110 jaar gelede op 24 en 25 Januarie 1900 naby Ladysmith in die destydse Natal plaasgevind. Dit was die grootste veldslag van die oorlog waarin tot 2500 Britse soldate omgekom het.

Dr. Mulder het die Boere se oorwinning daaraan toegeskryf dat hulle in die hitte van die geveg vinnig van strategie kon verwissel terwyl die groot Britse mag van 24 000 soldate dit nie kon doen nie.

“Suid-Afrika lyk vandag baie anders as in 1900 of as in 1948 toe die Nasionale Party die regering oorgeneem het. Om sinvol te oorleef en ons doelwitte te bereik is dit nodig om nuut te dink en gereeld ons huidige strategieë in heroorweging te neem,” het dr. Mulder gesê.

Verskeie organisasie het kranse by die Burgermonument bo-op Spioenkop gelê terwyl ’n trompetspeler die laaste taptoe en Reveille gespeel het.

Dr. Mulder het afgesluit deur aan te toon dat daar ’n vraagteken hang oor die toekoms van enige volk wat net skaam is oor sy verlede en sy helde nie meer eer vir die opofferings wat hulle gemaak het nie.

tiaraлобановский александр дочь

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.