e-tv vandag in die hof

Deel op

Die twee e-tv joernaliste wat tans gedagvaar word, sal vanoggend in die Johannesburgse-landdroshof verskyn, het ‘n woordvoerder gesê.

Ben Said, nuusredakteur en Mpho Lakaje, verslaggewer, wou nie die identiteite, adresse of kontakbesonderhede van die vermeende misdadigers waarmee hulle onlangs onderhoude gevoer het, aan die polisie verskaf nie. Hulle wou ook nie hul onverwerkte beeldmateriaal van die onderhoude oorhandig nie.

Dié kanaal het op 16 Januarie beeldmateriaal van twee vermeende misdadigers vertoon, waarin hulle gedreig het om toeriste gedurende die Wêreldbekersokkertoernooi te beroof.

Lucky Phungula, wat glo die twee vermeende misdadigers aan e.tv se span voorgestel het vir onderhoude, het verlede week in Soweto selfmoord gepleeg.

 

the big badтопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.