‘n Teeparty is nodig om ons te bevry

Deel op

Op 16 Desember 1773 het ‘n baie belangrike gebeurtenis in Boston, Massachusetts plaasgevind. Inwoners van Boston, ontstoke oor die Engelse koloniale heersers wat addisionele belastings op hulle wou hef, het drie skeepsvragte vol tee verwoes deur dit in Boston se hawe te gooi. Hierdie gebeurtenis was bekend as die Boston Teepartytjie, en was ‘n sleutelgebeurtenis in die aanloop tot die Amerikaanse Rewolusie, wat sou lei tot die bevryding van die Amerikaanse kolonies van die juk van Britse kolonialisme.

Dit is baie belangrik om te let op die oorsaak van bostaande Teepartytjie: belasting. Belasting wat gehef is deur ‘n vreemde volk, sonder dat die koloniale mense insae gehad het daarin. Die beswaarmakers se slagspreuk was: “No taxation without representation.” ‘n Gewapende stryd, ‘n rewolusie, het dus begin omdat mense kwaad was omdat hulle nie geraadpleeg was oor belasting nie.

Afrikaners is in ‘n baie soortgelyke posisie as die Amerikaners in 1773. Ons volk en grondgebied word ook deur ‘n vreemde mag beset, een wat uit Zoeloes, Indiërs en Xhosas bestaan, gewapen met ‘n Engels-kommunistiese ideologie. Ons het geen insae oor hoe ons belasting bestee word nie, en ons almal weet waarop dit verkwis word: kindertoelaes, korrupte tenders en luukse motors vir ANC-kaders. Soos ek hierdie skryf, is ek bra onwelriekend. Ek wil graag bad, maar een of ander sjimpansee in Aapstat se ANC-stadsraad se wanbestuur het veroorsaak dat ons sonder water in ons krane sit. Dus, selfs al betaal ons belasting, is dit geensins seker dat ons iets daarvoor sal ontvang nie. Ons kan egter agv die Afrikakieser se gebrekkige begrip van die verband tussen sy stemreg en sy eie lot nie hoop om hond haaraf te maak by die stembus daaroor nie.

Ek gaan die volgende stelling maak: dit is amper irrelevant dat Afrikaners nie ‘n eie grondgebied het nie. Dit maak ook nie juis saak dat ons by die stembus verswelg word nie. Die sleutel lê in ons belastingbydraes wat deur ‘n korrupte regime verkwis word. Die dag as ons nie meer belasting hoef te betaal aan die ANC-regime nie, maak Eksdom nie meer saak nie, want ons bou ons eie kragsentrales. Die verengelsing van Stalinbos sal nie meer ‘n knelpunt wees nie, want ons sal bloot ons eie universiteit stig, weg van die kloue van die ANC-regime.

Die dag wat ons nie meer belasting aan die ANC betaal nie, is die dag waarop ons ons vryheid teruggekry het. ‘n Volkstaat sal dan binne minder as twee jaar onafwendbaar wees, omdat die ANC grootliks magteloos sal wees om dit te verhoed. Al hoekom die ongure ANC-regime ons onderdruk, is op paradoksale wyse die feit dat ons hom befonds.

Om nie belasting te betaal aan die ANC-regime nie lyk egter onmoontlik, nie waar nie? Die wet verplig ons werkgewers om persoonlike belasting van ons salarisse te verhaal. Elke keer as jy ‘n brood koop, betaal jy BTW. As jy brandstof ingooi of ‘n bottel wyn koop, kry die ANC-regime se belastinggaarder sy pond vleis.

Kom ons dink egter waarom bostaande die geval is. Jy betaal inkomstebelasting omdat jy vir ‘n maatskappy werk wat by die SAID geregistreer is, en omdat hulle die wet sou oortree as hulle nie so maak nie. Jy betaal BTW omdat jy by ‘n winkel koop wat vir BTW geregistreer is en opgawes moet indien. Al het jy jou eie onderneming, betaal jy belasting omdat jou bank aan die SAID gekoppel is en die Ontvanger dit sal bevraagteken as jy geld deponeer sonder om belasting daarop te betaal.

Kortom, dus: ons betaal belasting omdat ons aan die ANC se finansiële stelsel deelneem.
Hou op om so te maak, neem nie meer deel aan die Suid-Afrikaanse finansiële stelsel nie, en jy betaal per definisie nie meer belasting aan die ANC waarmee hy jou onderdruk nie, waarmee hy byvoorbeeld sy regskostes betaal om die Hoërskool Ermelo mee te suiwer van jou taal. As geen Afrikaners, diegene wat die meerderheid persoonlike belasting in Suid-Afrika betaal, meer deelneem aan die Suid-Afrikaanse geldstelsel nie, is die ANC-regime binne maande bankrot, en verdwyn hierdie klad op die mensdom welverdiend in die asblik van die geskiedenis.

Dit is dus logies dat die te-stigte Afrikanerowerheid se heel belangrikste strategiese rigting sal moet wees om Afrikaners los te maak van die Suid-Afrikaanse finansiële stelsel. Die AO se ganse beleid sal geskoei moet wees daarop om Afrikaners te onttrek uit die stelsel, om te sorg dat Afrikaners se belasting aan die AO gaan, en nie aan ons verdrukkers nie. Laasgenoemde is ‘n “eenvoudige” oplossing, nie waar nie? Nee. Dis glad nie so eenvoudig om jouself bloot te onttrek nie. Jy sal selfs in die tronk kan beland.

Tog is daar maniere om so te maak, al is dit gedeeltelik. As jy op ‘n plaas woon, jy wek mbv sonpanele krag op, jy drink boorgatwater en kweek jou eie voedsel, betaal jy reeds baie minder belasting oor aan die ANC-regime as wat ‘n stadsbewoner doen. Nie almal van ons kan egter op plase woon nie, en dis moeilik om dit een-een te vermag. ‘n Volkstaat sou nommerpas gewees het hiervoor. Meer as ‘n miljoen van ons het al op ‘n ander manier opgehou om belasting aan die ANC te betaal, waarmee hy regstellende aksie en ander rassisme teen ons toepas: hulle het geëmigreer.

Sou dit nie ideaal gewees het as ons wat nie in die buiteland is, in ‘n volkstaat woon of op ‘n plaas nie, glad nie in rande handel gedryf het nie, en nie die Suid-Afrikaanse bankstelsel gebruik het nie? Of wag: iemand hét mos al daardie plan bedink! Orania het hulle eie geldeenheid, die Ora, wat tans meestal as ‘n soort toerisme-foefie dien. As al die Afrikaners egter more begin om in Ora-kontant met mekaar handel te dryf, val die Suid-Afrikaanse Tesourie se inkomste met minstens 60%, en verruil kameraad Blade sy BMW noodgedwonge vir ‘n trapfiets, wat steeds veel meer is as wat sy sogenaamde bydraes tot die samelewing sou regverdig.

Dit hoef egter nie Ora’s te wees nie. Dit hoef in der waarheid nie eens regte papiergeld te wees nie. ENB, daardie rassistiese bank wat so graag teen sy blanke werknemers diskrimineer, het ‘n puntestelsel wat eBucks genoem word. Jy verdien eBucks op gewone banktransaksies. Jy kan eBucks gebruik om byvoorbeeld blomme by Netflorist of om elektronika by Digital Planet te koop. Alhoewel daar nie eBucks-banknote is nie, het eBucks wel baie van die kenmerke van geld. Dit is maw ‘n ruilmiddel wat mens vir ander goedere en dienste kan ruil. Waarom nie iets soortgelyk vir Afrikaners skep nie?

Ek het nog nie die detail hiervan goed deurdink nie, maar gestel die AO stig ‘n puntestelsel wat slegs vir Afrikaners is. Om dié stelsel aan die gang te kry, skep hy vir elke Afrikaner wat by die AO registreer ‘n openingsaldo van, sê, 10000 punte. Laasgenoemde is terloops presies hoe regerings maak om geld te skep, sedert almal van die goudstandaard afgestap het. Die dollars en rande wat deesdae geskep word, het nie goud as ‘n waarborg daaragter nie.

Koppel die waarde van ‘n AO-punt aan ‘n geldeenheid soos die euro, om te sorg dat wanneer die onafwendbare Zimbabwefikasie van Suid-Afrika die rand nes die Zim-dollar laat daal tot miljoene teen die dollar, die AO-punte nie hulle waarde verloor nie. Doen dan doelbewus soveel as moontlik van ons sake met mekaar, met AO-punte as die ruilmiddel, en nie rande nie. Ek gaan besoek dus ‘n Afrikaner-dokter en betaal hom met my punte. ‘n Sentrale rekenaarstelsel by die AO debiteer my punte en krediteer die dokter s’n. Laasgenoemde is presies wat gebeur as jy vir Valentynsdag blomme bestel mbv jou eBucks. Die dokter laat sy motor herstel en die werktuigkundige se punte word gekrediteer en die dokter s’n gedebiteer.

Een van die toevallige voordele hiervan sal wees dat SEB nie meer ‘n faktor vir Afrikaners sal wees nie. Geen Afrikaner sake-onderneming wat in AO-punte handel dryf sal hom meer hoef te steur aan die ANC-regime se rassistiese aandrang daarop dat hy ‘n deel van sy onderneming moet afstaan aan anderskleurige passasiers nie. Dit sal ook sorg dat Afrikaners se welvaart onder onsself verdeel word, en nie aan vreemde volke gaan nie.

Twee dinge is nodig om ‘n sukses hiervan te maak: vertroue van die publiek in die integriteit van die AO, en groot getalle mense wat deelneem, sodat die gebruik van die puntestelsel ‘n kritieke massa en momentum kan verkry. Slaag dit, en gebruik genoeg van ons hierdie stelsel ipv rande en die Suid-Afrikaanse bankstelsel, het ons alreeds opgehou om ‘n groot deel van ons belasting aan die ANC-regime oor te betaal.

Ek is doodseker daar is onder Praag se lesers mense wat hul eie gedagtes het oor hoe ons kan ophou om aan die ANC belasting te betaal, en ek sou graag daarvan wou hoor. Een ding is egter seker: Afrikaners se magtigste wapen in die stryd teen die ANC-regime is ons ekonomiese slaankrag.

Kom ons maak een van die AO se slagspreuke: geen belasting aan ons verdrukkers nie!

Lees ook De la Rey of ‘n Afrikaner-Spartacus op Anton Barnard se woernaal SAmizdat.

детектор лжи 5Александр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.