Die Vallei van die Kieries en Ubuntu

Deel op

Ek glo dat as jy kritiseer, moet jy die alternatief ook kan aanbied.

In die Afrikaner en sy leiers se soeke na die ideale plan deur die Gesprek, kom die ondergenoemde staaltjie by my op. Dit moet gelees word in die lig van vele planne, elk met sy eie geografiese gebied, befondsing, reels en regulasies, ens. ens. Vir elke leier, individu of groep is sy eie plan so mooi.

Daar was ’n land wat die gewoonte gehad het om sodra ‘n koning sterf, die persoon met die mooiste kierie te vind, en die persoon word dan die volgende koning. Op ‘n voorafbepaalde dag kom almal na ‘n vallei, en druk hulle kieries een na die ander in die grond, al met die vallei af. Die oudste persoon van die land, stap dan saam met die ministers al met die ry kieries af, en kies die nuwe koning deur aan die kierie wat vir hom die mooiste is, te vat.

Daar was egter twee reëls: 1) daar mag nie teruggekeer word na kieries wat alreeds gesien is nie, en 2) sodra daar aan ‘n kierie geraak is, is die keuse gemaak, en mag daar nie verder gesoek word verder in die ry af nie.

So gebeur dit toe een jaar dat die ou man met die ry kieries afstap, en verwonderd kyk na al die mooi kieries in die ry – almal wou natuurlik graag koning word en het werklik moeite gedoen. Elke keer as hy aan ‘n kierie wou raak, was hy bekommerd dat daar dalk ‘n mooier een vorentoe is, en het dan sy hand teruggetrek. Die gevolg is toe dat hy nie sy keuse kon maak nie, en toe hy by die laaste kierie kom, is dit die lelikste en kromste kierie van almal. Die eienaar van die kierie is toe ‘n swaksinnige, wat nie die verstandelike vermoë of motoriese koördinasie gehad het om ‘n mooi kierie te maak nie.

Deur eindelose gesprekke tussen die leiers wat elk in afsondering gesoek en ‘n plan gemaak het saam met sy/haar volgelinge, gaan daar nooit konsensus bereik word nie, omdat elke groep glo hulle het hard gewerk, alle moontlike veranderlikes oorweeg, en deeglike motiverings ontwikkel vir elke stap of faset van hulle plan. Voeg daarby die persoonlike voorwaardes en emosionele sentimente van elke groep, en dit is duidelik ‘n resep vir chaos en ‘n ramp. Dan soek ons na daardie mooiste kierie in ‘n ry van mooi kieries, en gaan eindig met die krom een.

Enige eerstejaar-MBA-student sal ‘n hele skripsie kan skryf oor die risiko’s en gevare van so ‘n benadering, en ongelukkig is dit hoe dit op die oomblik gebeur. Dit is ook hoekom so ‘n benadering nooit in die Sakesektor geduld of gebruik sal word nie, en moet die Afrikaners begin besef dat hulle erkende en beproefde strategie-ontwikkelings-modelle sal moet gebruik om enigsins naby ‘n Plan te kom. Daar is die Amerikaners en selfs die ANC ons ligjare vooruit.

Die grootste probleem huidiglik, is da daar ‘n totale afwesigheid in metodiek is om suksesvol te wees. Die feit bly dat politici nie prakties is nie, en nie die ervaring, ondervinding of vaardigheid het om ‘n droom of Visie in ‘n werkbare plan en strategie te kan omskep nie. En hoe meer mense probeer insette lewer, hoe meer word die proses in mis gehul, bly wasig en bly dit uiteindelik onsigbaar.

Eintlik behoort die proses (metodiek) baie eenvoudig te wees, alhoewel die opdrag nie eenvoudig is nie. Maar etlike jare van ontwikkeling in die tipe van metodologie deur van die beste besigheids- en strategiese akademici in die Westerse wêreld kan nie ge-ignoreer word nie.

Kom ons kyk hoe dit werk: Elke groep of persoon wat deel in die Afrikanervryheidsideaal, het een droom of Visie in gemeen – ‘n Vrye, onafhanklike, soewereine Afrikanerstaat. Dit is die gemene deler, en ook die begeerde eindresultaat. Nou, in die aanloop tot die plan oor hoe en waar om die eindproduk te realiseer, moet daar belangrike faktore wat as voorwaardes geld bepaal word, en ook behoeftes bepaal word van hoe elkeen se prentjie (reëls, regulasies ens) van daardie eindproduk lyk.

As voorbeeld: Sommiges sal wil sien dat Afrikaans die enigste amptelike taal is, en sommiges wil Engels as alternatief sien. Sommiges sal daardie staat graag in die Transvaal wil sien, en sommige die Weskus. Sommige sal wil hê dat ons dit befonds deur lenings, en ander sal wil hê dat ons eers fondse tussen on eie mense bymekaarmaak.

Voorwaardelike faktore kan byvoorbeeld wees: 1) Daar moet ‘n hawe wees, 2) Dit moet militêr strategies verdedig kan word, 3) Daar moet voldoende water wees, ens.

Die voorgeskrewe model se teorie sal dit dan ook vir ons stel, dat alhoewel jy almal se behoeftes en voorgestelde voorskrifte kan oorweeg, jy nooit almal te vrede sal kan stel of akkommodeer nie. Maar dat jy ‘n werkbare plan en strategie kan ontwikkel wat die doel of Visie kan verseker, is al oor en oor bewys.  Die een feit wat almal moet besef is dat jy nooit almal ten volle kan of sal tevrede stel nie, en as iemand as gevolg daarvan nie verder wil deelneem nie benadeel hy die droom, die groep, almal wat op baie ander terreine daaruit sal voordele kry en uiteindelik homself. Die geskiedenis boeke sal hom wel beoordeel.

Dus sodra jy die droom gedefinieer het, en al die voorwaardes, behoeftes en voorstelle van elke groep of individu gekry het, wys jy ‘n kundige taakspan aan om die plan en strategie uit die klippe te gaan kap. Hulle sal weet wat hulle opdrag is, en die bes moontlike opsies oorweeg op elke aspek om die plan en strategie met die beste kans op sukses voort te bring.

Die leek of persone wie se nering nie elke dag met hierdie metodologieë en modelle te doen het nie, sal dit dalk woes ingewikkeld vind, maar daar is genoeg kundiges in ons eie geledere wat dit kan doen.

Dit is egter nodig dat die Afrikanermense ‘n paradigmaskuif maak, en besef dat deelnemende bestuur en besluitneming geweldige negatiewe gevolge inhou, en ‘n uiters omslagtige en stadige proses is. Dit is onder andere een van die grondbeginsels van Ubuntu, en hierdie lewensfilosofie van die swartmense van Afrika, is die duidelikste oorsaak en rede vir Afrika se probleme en stadige ontwikkeling. Hulle noem dit nDaba.

As ‘n groep of stam deur ‘n ernstige vraagstuk gekonfronteer word, roep die hoofman/kaptein ‘n nDaba. Dan kom die mans van die groep bymekaar onder ‘n boom en hulle gesels en gesels. En hulle gesels en gesels. As almal die vraagstuk verstaan, gaan die mans terug en oordink die probleem, kyk hoeveel hy en sy eie mense kan voordeel trek uit die moontlike oplossing, en gesels en gesels met sy eie mense totdat hulle ‘n voorstel ter oplossing het. Dan kom die oorspronklike groep weer bymekaar, en gesels en gesels. Nadat elkeen sy saak gestel het, begin hulle stry en stry en gesels en gesels weer. Op die einde word ‘n besluit geneem en gaan die hoofman voort om die besluit uit te voer. Dit is die swakste en mees onsuksesvolle bestuur en besluitnemingsmodel wat daar is, en Afrika is die skreiende bewys daarvan.

Die verskil is egter dat hulle wel ‘n hoofman het, en dat daar darem iewers ‘n besluit geneem word.

Maar verdomp, ons is nie Afrikane nie. Die wit rasse van Europa het so vinnig ontwikkel en vooruitgegaan omdat ons die prosesse vir bestuur, besluitneming en optrede tot ‘n kuns vervolmaak het. Daardie modelle is bekend aan ons, maar dit word blykbaar nie erken in die Afrikaner politiek nie.

Die een grootste probleem waarmee individue, groepe en maatskappye gekonfronteer word, is die stap om op ‘n aksie te besluit, en ‘n besluit te neem. Dit word veroorsaak deur die onsekerheid van die besluit se effek op die toekoms. Maar die groter gevaar is besluitloosheid. Daarsonder is daar geen vooruitgang of dinamika in enige stelsel nie. Die geheim is om ‘n besluit te neem, en die gevolge te bestuur.

блузка для девочки купитьданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.