Rioolafval van miljoene liter van die Madibeng-munisipaliteit stroom al sowat ’n maand lank elke dag in die Hartbeespoortdam luidens ‘n berig in Beeld.
Madibeng sluit Brits, Hartbeespoort, Mothlutlung, Damonsville en Letlhabile in waar ‘n groot aantal pompe buite werking is en die water ná uitgebreide toetse onrusbarend hoë E. coli-tellings wys.
Strafregtelike klagtes ingevolge die Waterwet is teen die aanspreeklike munisipaleit ingedien.
Patrick Morathi, munisipale woordvoerder, het aan die dagblad gesê ’n vergadering is met amptenare van waterwese en lede van die Hartbeespoort-gemeenskapsforum gehou en ’n tekort aan geld is as een van die grootste struikelblokke geïdentifiseer.