Die Vryheidstryd – ‘n lig op die pad

Deel op

Die huidige gesprek rondom ‘n volkstaat is ‘n gesonde verskynsel. Dit is soos die ore van die seekoei. Sterk seine word tans uitgestuur dat onderstrome onder Afrikanerdom woed. Sonder om voorskriftelik probeer wees, het ek in die volgende stuk probeer aandui hoe die pad van vryheid vorentoe lyk. Miskien sal dit die verwarde Afrikaners en hul leiers noop om bymekaar te kom en ‘n strategiese plan uit te werk en om jong portefeulje leiers te verkies sodat die wa kan begin loop.

In my boek Op Reis na Vryheid probeer ek die pas uitstippel. Gebaseer op daardie werk wil ek die volgende ontleding aanbied om mense om dieselfde vuur te kry.

Onlangs vra iemand vir my: .Moet ons nou aanvaar dat Afrikaners vir altyd ‘n minderheid gaan wees in ons eie land wat deur die swart meerderheid geregeer word? Indien nie, wanneer sal ons kan begin om onsself in ons eie land te regeer en hoe moet die proses verloop volgens die toepaslike volkeregtelike reëls?.

My antwoord aan hom was, dat mens nie jou eie ondergang so fatalisties moet aanvaar nie. Ek is nie ‘n kundige van volkeregtelike reëls nie, maar aan die hand van my studies van die internasionale minderheidspolitiek wil ek die volgende beweer:

-Dat daar geen moontlikheid bestaan dat die Afrikaners ooit territoriale selfbeskikking in ‘n staat sal geniet tensy hulle die oorgrote meerderheid van die bevolking in daardie gebied uitmaak nie.

-Verder moet die algemene volkswil in die gebied so sterk wees vir selfregering dat die inwoners bereid sal wees om daarvoor te sterf.

-Derdens benodig die Afrikaner/Boerevolk ‘n geloofwaardige gesagstruktuur met internasionale aansien. Die struktuur moet sonder ‘n kunsmatige plafon wees sodat almal wat hulle met die Afrikaner/Boerevolk identifiseer, daaraan kan affilliëer, selfs vanuit die buiteland.

Hieruit kan ons dan aflei dat die oprigting van ‘n verteenwoordigende gesagstruktuur die beginpunt na vryheid is. Ek sien geen ander beginpunt op die pad na vryheid nie. Sonder ‘n Verteenwoordigende Afrikanerowerheid ( VAO) sal pogings om staatstatus te verwerf doodeenvoudig net van die tafel gevee word.

Ek sien ‘n pad na vryheid wat uit twee fases bestaan:

Die Eerste Fase begin by die oprigting van ‘n Verteenwoordigende Afrikanerowerheid (VAO). Kom ons noem fase een Operasie Volksbou, want die klem gaan op die mense lê. Die Afrikaner/Boerevolk moet bymekaar gemaak word en moet voorberei word om eie verantwoordelikheid vir hul vryheid te aanvaar – bymekaar nie in fisiese sin nie, maar op sielkundige vlak. Fase een gaan dus oor die mense en nie oor die grondgebied nie. Die gom hiervoor moet deur die VAO gewek word.

Benewens die VAO se beeldbouprogram sal hy beplan om ‘n verkiesing te reël wat, indien nodig, met plaaslike verkiesings of algemene verkiesing kan saamval. By daardie verkiesing sal lede van die Afrikaner/Boerevolk hul kruisie vir ‘n bepaalde kandidaat kom maak in ‘n lokaal van sy eie. Na die verkiesing word die kandidate se name met hul steun bekend gemaak.

By ‘n Nasionale kongres word die VAO gekonstitueer waar kandidate deur ‘n regter ingesweer sal word. Hierdie gesagstruktuur sal dan met die staat asook buitelandse regerings skakel oor sake wat die toekoms van die Afrikaner/Boerevolk mag raak.

U mag vra, wat dan van ‘n Afrikanerraad, waarvoor ek reeds vir langer as tien jaar betoog? Bestaande kultuurorganisasies en vakunies vir Afrikaners kan slegs namens hul eie lede praat. Wanneer hulle egter sou saamspan en ‘n nuwe oorkoepelende liggaam oprig, sal hul gesamentlike ledetal waarskynlik voldoende wees om geloofwaardige steun vir ‘n VAO te bewys.

Die moeisame reis na vryheid kan dan aangepak word. Diegene wat nie aan die konsep van ‘n vrye volk glo nie, kan gewoon hul eie gang gaan en na hul eie huishoudings omsien sonder om hulle

met die vryheidsideaal van die Afrikaner/Boerevolk te bemoei. Die vryheidsideaal sal dan soos binneaarse voeding aan die volgende geslagte oorgedra moet sodat dit altoos sterker sal uitstraal.

Steun vir ‘n VAO moet van so ‘n aard wees dat dit geloofwaardig en as beduidend bewys kan word. ‘n Landswye verkiesing kon dan oor vyf jaar of so met gepaste reklame in ‘n verkiesingsatmosfeer kan geskied. Die atmosfeer moet herinner aan die 1938 Ossewatrek, of die 1948 verkiesing.

Een van die eerste take van die VAO sal wees om ‘n grondwet vir die Afrikaner/Boerevolk op te stel wat bestaanbaar moet wees naas die RSA se Grondwet, maar sonder die baie kwalifikasies. Formele aansoek sal daarna gerig word aan die RSA regering ingevolge Art 185 van die Grondwet. Die Kommissie vir die Beskerming van die Regte van Godsdienstige, Taal en Kultuurgemeenskappe sal die aansoek om erkenning namens die regering hanteer.

In samewerking met die 185 Kommissie, asook met groepe soos die Griekwas, die San en andere, kan ‘n Handves van Minderheidsregte soos in Art 234 voorsien word in afdwingbare wetgewing vasgelê word. Die handves kan stuksgewys indien nodig, aan die RSA parlement voorgelê vir aanvaarding.

Sommige minderheidsregte sou kon insluit die reg op eie (staatsbetaalde) onderwys, reg op die beskerming van erfenisgoedere, wat straatname, dorpsname en monumente insluit, die reg op bedryf van staatsondersteunde kleuterskole en ouetehuise, museums, ens.

Verder moet diskriminerende maatreëls wat Afrikaners sielkundig of ekonomies benadeel, deur ons eie grondwet verbied word. Hierdie is hoë profiel kwessies wat Afrikaners sommer gou bymekaar sal bring, veral as die VAO sukses kan bewys. Onregmatige teenstand deur die staat kan deur internasionale regshefbome teengestaan word.

Erkenning dat die VAO die outentieke verteenwoordiger van die Afrikaner/Boerevolk is, moet dan van die meeste westerse lande verwerf word, in welke geval die VAO ook sou kon deel in die begrotings wat oorsese regerings aan minderheidsorganisasies skenk. Hy kan selfs op ‘n pro

rata deel van die RSA fiskus begin aanspraak maak om die funksies wat hy namens die staat aan sy lede vervul, te finansier en in die nasionale begroting ingesluit word.

Internasionale steun deur simpatieke minderheidsgroepe sal gewerf moet word om die wêreldwye aktiviste organisasies vir gemeenskapsregte so sigbaar moontlik te maak vir verhoogde druk. Ons raak nou gereed vir Fase Twee, of Operasie Volkstaat.

Tot op hierdie punt is daar nog geen sprake, aandrang of bespreking van ‘n eie grondgebied nie, omdat daardie kwessie verdelend inwerk op ‘n leierlose en verwarde volk.

Eers wanneer sukses behaal is met die beskerming van minderheidsregte orals binne die grense van die RSA, sal daar genoegsame ondersteuning vir ‘n bepaalde territorium kan begin ontwikkel. Dan kan Fase Twee aangepak word.

Behalwe in die geval van Pretoria met sy unieke Afrikanerkonsentrasie waar ‘n groot stryd vir politieke heerskappy nog gaan woed, sal voortydige bespiegeling of aandrang op ‘n bepaalde gebied mense buite daardie gebied negatief beïnvloed en die vryheidsideaal vertraag of selfs kelder.Operasie Volkstaat sal nou kan begin. Die VAO se volgende taak sal wees om sy eie Kommissie aan te stel om voort te bou op die werk van die Volkstaatraad om ‘n finale keuse van ‘n praktiese grondgebied(e) te maak wat deur die VAO formeel en amptelik aanvaar kon word.

Internasionale volkeregtelike erkenning moet dan van die VN en EU agentskappe vir die Afrikaner/Boerevolk se reg op territoriale selfbeskikking verkry word. Dit sal ‘n moeisame proses wees, maar daar is geen alternatief nie. Die poging moet gerugsteun word deur ‘n behoorlik

georganiseerde volkstemming vir of teen ‘n Boerestaat om voldoende steun te bewys.

‘n Gebied wat deur ‘n oorgrote meerderheid Afrikaners/ Boere bewoon word, moet dan afgebaken word. Die gebied hoef nie baie groot te wees nie, maar moet ekonomies lewensvatbaar

wees om minstens 200,000 burrgers te akkommodeer, waarvan ‘n fraksie waarskynlik landbouers sal wees.

Afrikaner landbouers sal regdeur die RSA asook Afrika vir die voedsel produksie vir die RSA en

Afrika bevolking kan sorg as deel van ‘n onderhandelde skikking vir selfbeskikking. So ook sal ander Afrikaners/Boere vir die RSA se watervoorsiening en gesondheidsdiense kan sorg.

Op hierdie stadium speel aktivisme ‘n baie belangrike rol en in elke dorp en stad sal wettige vryheidsaksies met mediadekking op ‘n gereelde basis geloods moet word.

Sou sigbare en geloofwaardige vordering getoon word, stel die VAO eise vir outonomie ingevolge art 235 van die grondwet, gesteun deur ‘n volkstemming of plebisiet binne die bestemde gebied. So ‘n plebisiet sal sonder benadeling van of diskriminasie teen enige ander permanente burgers binne die betrokke gebied moet wees.

Wanneer dit suksesvol afgehandel is, kan eise vir selfregering aan die owerhede gestel word. Indien daar nie gehoor gegee word aan die eise, wat ook deur die internasionale waghonde oor minderheidsvolke ondersteun word, kan ultimatums gestel word, waarna ‘n regering in ballingskap gevestig kan word.

Hierdie stappe moet almal deurgewerk word. Daar is geen kortpad nie. Die geskiedenis het getoon dat sessessie nie maklik verkry kan word nie en dat dit gewoonlik op ‘n burgeroorlog uitloop. Sou ‘n politieke oplossing gevind kon word wat op strategiese samewerking tussen die Afrikaner/Boerevolk en die regering kan uitloop, sal ‘n oorlog moontlik afgeweer kan word.

Samewerking kan voedselsekuriteit, watersekuriteit en energiesekuriteit vir die RSA insluit. Om egter voortydig met ‘n oorlog te begin dreig of om ‘n konflikterende of rasgebaseerde styl van optrede of retoriek nou reeds te gebruik, verminder die legitimiteit van die stryd en word

die hele proses vertraag.

Skeptici mag vra: In die tyd van die Anglo Boere Oorlog toe die Boerevolk die meeste simpatie en respek in die moderne wêreld gehad het wat ons ooit gehad het, was geen regering of organisasie van beduidende omvang bereid om ons te ondersteun nie. Waarom sal hulle dit nou skielik doen?

Die tye het verander sedert die menseregte en volkeregtelike doktrines na die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel het asook na die stigting van die VN. ‘n Vryheidstryd moet internasionaal aanvaarbaar wees. Bonop moet die internasionale gemeenskap asook die plaaslike bevolking aanvaar dat die toestaan van selfbeskikking aan die Afrikaner/Boerevolk in belang van die hele

land sal wees. Geen moondheid sal enige poging steun wat daarop neerkom dat die streek gebalkaniseer of in ‘n burgeroorlog gedompel word nie.

Territoriale selfbeskikking is dus ‘n lang en moeisame proses, wat dekades mag duur, afhangende van die algemene politieke klimaat in die land. Intussen moet die lewe egter aangaan, en moet Afrikaners hul taal, kultuur, skole en ander erfenisse bewaar.

Intussen moet ons ook verhoed dat die volk en sy erfenisgoedere uitgeroei word. Hiervoor moet alle

organisasies wat met Afrikanersake bemoeid is, en veral die jongmense, hul deel bydra terwyl hulle nader aan mekaar beweeg.

Afrika is ‘n onvoorspelbare plek en enigiets kan binne die volgende dekade of twee gebeur.

Die stigting van COPE het weereens getoon dat die gom wat die verskillende etniese groepe binne die ANC bymekaar gehou het, reeds verweer het. Verdere verdelings binne die ANC is ook moontlik wanneer die SAKP sou probeer om die party volledig te skaak.

Om dan weer te sit met die problematiek waarmee dr HF Verwoerd geworstel het, is glad nie onvoorspelbaar nie, en ‘n tweede Codesa mag dalk plaasvind om die orde in die land te herstel.

As alles dan in plek is, verkry die Afrikanerevolk dalk hul vryheid baie, baie gouer. Dit gaan van hul eie geloof, werkywer en drang na vryheid afhang.

Daar is ook grade van vryheid en mens kan na Fase Twee reeds binne twee of drie jaar beduidende vordering toon om seggenskap oor eie sake te verkry.

Dus is dit nie ‘n kwessie van ‘n Volkstaat of Minderheidsregte op hierdie stadium nie, maar van albei ─ die een lei tot die volgende.In menige ander lande sou hierdie program op sameswering tot hoogverraad neergekom het, wat in sommige lande tot die doodstraf sal lei. Maar die werklike waarde van Art. 235 van die RSA Grondwet is dat dit volgens die land se hoogste hof, naamlik die Grondwetlike Hof wettig is om na ‘n eie staat te strewe, mits daardie strewe grondwetlik geskied. Die uitspraak moedig so ‘n strewe selfs aan deur die Art 185 Kommissie wat die VAO namens die regering moet erken.

Die baie probleme op die grondwetlike pad na vryheid moet nie onderskat word nie. Nogtans is dit die aangewese weg om altyd binne die Grondwet en die landswette te bly om die vryheidsaak nie skade te berokken nie.

Maar, wanneer alle middele uitgeput is, sal gewapende opstand die enigste oorblywende alternatief word. Dit is die rede waarom die volkspoging deur ‘n Afrikaner owerheidsgesag gelei moet word om te verhoed dat heethoofde op ongekoördineerde wyse die hele saak vernietig en antagonisme teenoor Afrikaners tot skreiende vooroordele en selfs amptelike geweld deur die polisie en weermag op weerlose Afrikaners losbars.

 

реставрация паркета недорогоФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.