Godsdiensonderrig in Duitsland na Moslems uitgebrei

Moslem-meisies in Duitsland
Deel op

Moslem-meisies in DuitslandDie grondwetlike bepaling in Duitsland dat staatskole godsdiensonderrig moet aanbied, word nou op ‘n proefgrondslag na die land se sowat 90 000 Moslem-skoolkinders uitgebrei.

Hoewel skole verplig word om godsdiensonderrig aan te bied en dit ook ‘n eksamenvak is, word leerlinge nie verplig om die vak te neem nie.

Die oorsprong van hierdie bepaling dateer uit die na-Nazi-era toe besef is dit is nodig om morele waardes by Duitse kinders te kweek.

Protestantse en Rooms-Katolieke instellings help met die opstel en toepassing van die leerplanne, en sedert 2003 is dit ook na die Joodse godsdiens uitgebrei, en sinagoges betrek.

Nou word dit versigtig na die Moslems uitgebrei. Godsdiensrykheid en minderheidsregte maak ‘n sterk deel van die Christen-demokratiese leerstellings uit, en Duitsland word nou deur ‘n regering regeer waarin die CDU die grootse party is. Die CDU se vereiste is egter, soos uitgespel deur die vorige sekretaris-generaal, Roland Pofalla, dat Duitsland sy karakter gebaseer op sy Christelike tradisie moet behou, en as Christenland moet voortbestaan.

Verskeie redes word aangevoer, soos dat dit help dat Moslems Islam deur ‘n Westerse bril beoordeel en ervaar. Dít, word gemeen, is verkieslik bo ‘n stelsel waar Moslemkinders hulle tot godsdiensonderrig buite skoolverband moet rig, en die aanbieders dikwels ‘n bedenklike motief het.

‘n Interessante gewaarwording is dat dit weens interne verskille tussen Moslem-groeperings makliker gesê as gedaan is. Duitsland se Moslembevolking is nie homogeen nie, met Soennies, Sjiïete, Alawiete en aanhangers van die Suid-Asiatiese  Ahmaddiyya-sekte.

Dit word verder gekompliseer deur die Moslems se lande van herkoms, waar die Turkse Moslems oor die algemeen ‘n minder fundamentalistiese karakter openbaar en kopdoeke onder vroue seldsaam is, met ‘n meer tradisionele benadering wat dikwels met Moslems uit Arabiese lande kom. Boonop sien Moslem-meisies dat die Duitse seuns en meisies bykans alles geoorloof is, terwyl dit in die Moslemtradisie net die seuns beskore is. Hierdie heterogeniteit skep vir die owerheid grys hare om ‘n behoorlike, goedgekeurde leerplan op te stel. Sowat 250 leerkragte bied reeds landswyd Moslem-godsdienslesse in Duits aan. 

Verwerk uit: Christian Science Monitor

games toлобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.