Wilders uit die wildernis?

Deel op

Met die oë van die wêreld steeds op die aardbewingramp in Haïti gerig, bied ‘n gebeurtenis wat hom van vandag af in Nederland afspeel, in daardie land sterk kompetisie vir nuus uit die rampgebied.

Die verhoor van Geert Wilders, leier van Partij voor de Vrijheid, begin vandag. Die naaste raakvlak met die Suid-Afrikaanse reg sou daarop neerkom dat hy van haatspraak jeens Moslems aangekla word.

Terwyl Nederlanders die naarheid in is, getrou aan Wes-Europese tradisie, oor elf Nederlanders wat steeds in Haïti vermis word, steel Wilders se saak vanoggend die kollig.

Terwyl dit wat Wilders oor die Moslems en die Koran kwytgeraak het, soos om na die Koran as ‘n fascistiese boek te verwys, erg is, is die gevoel nogtans wyd dat sy vervolging eerder polities as juridies is. Die praktyk lyk wel effens anders – die Openbare Ministerie het geweier om hom te vervolg, en die vervolging geskied nou in opdrag vanuit die regbank self.

Wilders self verwag vryspraak. Of sy verwagtinge met die werklikheid strook, is ‘n ander vraag.

Tot sy krediet moet vermeld word dat hy ten spyte van sy vry sê nog nooit geweld teen die teikens van sy argwaan geuiter het nie.

Trouens, Wilders se saak kom te midde van ‘n redelike wye verset teen Moslems se skynbare aandrang op gelyke regte geskoei op iets wat op iets hoër as gelykheid neerkom. Pas het ‘n Moslemparty in Nederland gevra dat afsonderlike swemtye by openbare plekke vir mans en vroue ingestel word, omdat dit Moslemtradisie is.

Die reaksie was min of meer: As jy ‘n Nederlander wil wees, val jy by Nederlandse tradisie in.

Die Nederlandse regering is ook getrou aan sy eie grondwet. Toe Brittanje aanvanklik besoekregte aan Wilders geweier het, het Nederland sy rug styfgemaak. Toe Turkye langlippie raak oor Wilders se insluiting in ‘n parlementêre afvaardiging wat Turkye gedurende die Kersvakansie sou besoek, is die besoek afgelas eerder as om Wilders uit die afvaardiging weg te laat.

Intussen het Wilders se party in gewildheid gegroei, en is volgens peilings nou die tweede sterkste party in die land. Die verwagting is dat die hofsaak sy gewildheid gaan versterk.

Die Nederlanders wil nie vreemdelinge in hul eie land word nie, en nog minder deur Moslemgebruike gyselaar gehou word. Wilders se saak het reeds in simboliese waarde sy belang op die ontwikkeling van regspraak oor die sensitiewe immigrantekwessie geword.

Terwyl die debat waarskynlik nog sterk deur ‘n tradisie van sensitiwiteit oor politieke korrektheid oor die saak geïnhibeer word.

как самому сделать банюалександр лобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.