SAPD-werwing is krisisbestuur

Deel op

“Die werwing van oud-lede van die Polisie is ‘n poging om die krisis in die Polisie te probeer verlig met die oog op die Sokker Wêreldbeker later vanjaar.

“Die krisis in die Polisie is dat hy uit bykans 200 000 lede bestaan, maar nie beskik oor die nodige kundigheid nie.”

Die Vryheidsfront Plus het in die verlede gewaarsku dat die blote vermeerdering van lede nie ‘n oplossing is sonder die nodige standaarde van opleiding nie. Die werwing van oud-lede met kundigheid is ‘n bewys hiervan en dui op krisisbestuur in die Polisie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Oud-lede sal ook skugter wees om weer aan te sluit weens die swart-op-wit rassisme in die Polisie. Tans is verskeie sake aan die gang waar swart polisielede vals klagtes teen wit polisielede gelê het. Dit word gedoen om teen wittes te diskrimineer. Wit lede word vir die geringste klagte geskors en verloor hulle salarisse en mediese voordele totdat die sake afgehandel is, maar baie swart lede kan net voortgaan met hulle werk. Hoewel die Vryheidsfront Plus die aanstelling van oud-lede en hulle kundigheid verwelkom, sal hierdie rassisme eers gestaak en uitgeroei moet word,” het Groenewald gesê.

 

blood suckers slotФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.