Volkstaat: drome teenoor ekonomiese werklikhede

Deel op

 

Ek wil graag reageer op Anton Barnard, Ilse Salzwedel, Leonie en Dan Roodt se skrywes.

Reeds sedert 1984 is ek betrokke by die volkstaat-idee toe ek ‘n artikel in die destydse Vaderland gepubliseer het wat gepleit het dat partisie van die land die enigste standhoudende politieke oplossing vir Suid-Afrika is.

‘n Groot maar ekonomies-beskeie grondgebied, wat vanaf Saldanha in die suide tot by die Verwoerddam in die Noorde strek en wat dan met die Oranjerivier tot by Oranjemund strek moes van Suid-Afrika afskei. Prof Carel Boshoff was ook ‘n groot voorstaander van daardie grondgebied. My entoesiasme het gespruit uit my voorkennis van die natuurlike hulpbronne van die gebied, soos byvoorbeeld die massiewe Koedoe-gasvelde aan die weskus en die enorme reserwes van mangaan en ystererts by Sishen. Ek was indirek betrokke by ‘n lewensvatbaarheidstudie vir ‘n groot nuwe staalfabriek by Saldanha, wat duisende werksgeleenthede vir jong Afrikaners sou skep. Daardie fabriek het sedertdien gerealiseer, maar is weens verstek buite die bereik van Afrikanerdom. Die Koedoe-gas sou as energiebron al langs die weskus gelei word en aan ‘n energie honger Weskaap verkoop word. Die aardgas sou ook na die Verwoerddam gelei word waar dit as energiebron kon dien vir ‘n gasturbinekragstasie asook ‘n nuwe chemiese bedryf soos Sasol en sy telge. Die hoofoorweging is dat ekonomiese ontwikkeling van megaprojekte die dryfveer agter die nuwe groot demografiese verskuiwing vir ‘n volkstaat moes wees wat op streeksontwikkeling sou berus.

Hierdie natuurlike hulpbronne sou duisende werksgeleenthede aan daardie Afrikaners kon verskaf wat deur Azanië verstoot sou word. Dit sou die stimulus wees vir volkstaatstigting. Binne tien jaar kon die nuwe ekonomies selfstandige staat sterker presteer as Botswana. Partisie sou aan Afrikaners die keuse bied om óf in Azanië agter te bly of na ‘n snel groeiende Afrikanerland te trek.

Maar Afrikaners sou dan ‘n keuse hê. Vandag is hul enigste ander keuse egter om die land te verlaat.

Tydens die onderhandelinge sou die internasionale gemeenskap die onafhanklikheid van Afrikanerland kon borg as deel van die oorkoepelende nasionale skikking. Daardie gebied, met sy hulpbronne sou gesien word as erfporsie en assuransiepolis vir die Afrikanervolk. Hoewel kleurlinge aanvanklik in die meerderheid sou wees, sou Afrikaners, wat as burgers van Afrikanerland wou registreer, amptelike stemreg in daardie gebied kon bekom en sodoende die meerderheid uitmaak. Andersins sou hul stemreg in ieder geval vermors wees tydens die vyfjaarlikse demografiese sensus wat as verkiesings bekend staan. Die nie-stemmende Afrikaners se getalle is meer as genoeg daarvoor. ‘n Voorbeeld is dat die stemmetal van inwoners van Soshanguwe, wat buite die distriksgrense van Pretoria woon, die Hoofstad regeer en tans besluit wat Pretorianers mag doen en en nie mag doen nie. In vandag se politieke klimaat sou meer as ‘n miljoen Afrikaners hul stemreg in Afrikanerland kon uitoefen, waar hulle ookal binne en buite Suid-Afrika sou woon.

Maar hierdie toekomsbeelde sal vandag as verouderde denke beskou word, aangesien die staatkundige strukture wat meelopend met ander grondwetlike skikkings bereik kon word, alles verlore is en nie in internasionaal erkende reg van die Afrikanervolk grondwetlik vasgelê nie is nie. Die Noordkaap as streek is dus nou daarmee heen.

Met die nuwerwetse denke het Orania die plek ingeneem van die Afrikanerland omdat dit binne die gebied geleë is, maar sonder enige noemenswaardige ekonomiese bedrywigheid van sy eie. Moderne denke is dat mense deur hul sug na vryheid uiteindelik gedwing sal word om van voor af te begin. Daardie aanvaarding neem ek met ‘n knippie sout. Vandag trek mense agter werk aan. Ek het bewondering vir Orania se leierskorps en wat reeds bereik is, maar ander streke in Suid- Afrika, Zambië, Mosambiek en die DRK bied veel beter ekonomiese vooruitsigte as Orania. Desondanks moderne denke is ek van mening dat ‘n ideologiese dryfkrag nie ‘n ekonomies gestremde gebied genoegsaam kan stimuleer om dit na staatstatus te lei nie. Vandag sou dit juridies bykans onmoontlik wees om inwonerstatus van Orania van buite te bekom om sy stemgetalle op te stoot.

Dit bring my na die vier rubrieke wat ek aanvanklik na verwys het. Ilse Salzwedel lyk na die tipiese liberale bloeiende hart wat op retoriek staatmaak. Haar morele standpunte is werklikheidsvreemd. Sy is deel van die koor wat skree dat ons, as vermoorafwagtendes, moet kniel en dankbaar wees dat ons nog leef. Die onheile van apartheid is die stut vir haar betoog. Ilse, ek het nuus vir jou: die rede waarom jy en ek nog leef is nie vanweë die vergewensgesindheid van die swart volke nie. Nee, dit is omdat slegs ‘n klein persentasie van hulle vandag beter daaraan toe is as onder apartheid. Jy leef omdat hulle geen rede het om jou by te kom nie, anders as om jou goed te steel, wat nog altyd in die aard van swart volke was en die rede was vir die Groot Trek en daarna.

Leonie se stuk weerspieël haar woede teenoor ‘n wankelende swart regering, Dit dien as dryfveer om onder swart oorheersing weg te kom. ‘n Volkstaat is dus ‘n nuttige ontsnappingsroete daarvoor. Die meeste van ons stem waarskynlik met haar sentimente saam, maar dit bring ons nie nader aan ‘n oplossing nie.

Dan Roodt het verskeie artikels oor die volkstaatbegrip geskryf en ek stem grootliks met sy uitgangspunte saam, behalwe waar hy in die slaggat trap om ‘n gebied te identifiseer. Vir drie jaar was ek ‘n voltydse lid van die Volkstaatraad, waar ons met kaarte en voorleggings van tientalle afgevaardigdes geworstel het. Dieselfde redes geld vir al daardie kaarte as Orania waarom hulle nie ‘n politieke oplossing vir die Afrikanervolk kan wees nie, maar ‘n proefneming (om Carel IV aan te haal). Soos hierbo genoem, is die ekonomiese trekkragte gans te swak om mense te oorreed om spekulatief na ‘n vreemde gebied te laat trek. Verder vereenselwig ek my met Dan se standpunte.

Wat dan nou?

Dit bring my na Anton Barnard se jongste stuk. Anton, ek stem heelhartig met jou goed beredeneerde standpunt saam dat ons selfbeskikking as uitgangspunt moet neem en nie grondgebied nie. Daarvoor benodig ons amptelike strukture met dinamiese jong leiers wat die Afrikanervolk sal kan besiel deur suksesvolle leiding. Daarvoor het ons ook nie ANC goedkeuring nodig nie. Benewens jyself, Dan Roodt en Danie Goosen, is ek is ook beïndruk met Kallie Kriel, Dirk Herman en Flip Buys. Tydens laasjaar se Gelofteviering by Bloedrivier, wat ek en my familie met meer as drieduisend ander volksgenote bygewoon het, het Flip Buys ‘n staande ovasie ontvang na sy inspirerende voordrag. Flip was nie sinies nie en het niemand gekritiseer nie. Hy het ook nie moedeloos oor die huidige politieke moeras gekla waarin Afrikaners hulself tans bevind nie. Hou op om drome te droom. Vat liewer die graaf en begin self spit. Hy het goeie voorbeelde van suksesvolle aksies opgenoem.

Solidariteit doen reeds veel van dit wat Anton voorstaan, maar sonder die legitimiteit van ‘n volk se seën. Etlike ander organisasies kan met Afriforum en Solidariteit saamspan en oor ‘n klompie jare ‘n verkiesing reël. Gesien teen die agtergrond van die huidige opwelling van weerstand teen die aanstuwende swart golf, is die volgende grondwetlike stap baie klein en straks nader as wat ons dink.

My oplossing vir Afrikanerselfbeskikking is om na die konstituering van die AO die grense te trek waar driehonderd duisend plus Afrikaners reeds woon en waar hulle reeds ekonomies bedrywig is. Die punt is dat ekonomiese realiteite nie deur drome vervang kan word nie, maar deur drome versterk moet word. Gee die mense van Pretoria weer hoop sodat hulle deur middel van die grondwetlike hof en ander regsaksies, die juk van Soshanguve kan afwerp. Anton se AO is die beginpunt vir bevryding van die Afrikanervolk, wat tans ook die Boerevolk insluit. ‘n Gebied oos van die Pietersburg snelweg en wat aansluit by Irene-Verwoerdburg in die suide en Pretoria se noordelike voorstede en verder strek na Hartebeespoortdam sal ‘n uitstekende stadstaat kan vorm.

Histories is dit alles Afrikanergrond. Dit sluit geen lokasies in nie en die Afrikanermeerderheid is steeds meer as 64%. Die minderheid is grootliks nasionaliteite van oorsese oorsprong met ‘n klein getal kleurlinge en baie min inheemse swartes. In daardie gebied sal die polisiestasies deur Afrikaners beman word, bygestaan deur Anton se sekuriteitsmaatskappye. Die gebied is groter as verskeie state wat in die VN verfteenwoordig is, soos byv. Luxembourg. Toekomstige uitbreiding sal waarskynlik ooswaarts strek, sal Kleinfontein insluit en uiteindelik net duskant Witbank eindig.

Wat eerste gedoen moet word is om die AO te legitimeer en om Soshanguve se oorheersing van Pretoria deur regsaksies te beëindig. Sonder die getallelas van Soshanguve kan Afrikaners die stadsraad by die stembus oorneem sodat die stadsraad sy samewerking vir Afrikaners se selfbeskikking kan gee. Helaas, omdat dit bots met die DA se ideologie, sal dit sonder die DA gedoen moet word. Afrikaners, wat waarskynlik 90% van die DA se plaalike stembasis uitmaak, sal moet besin oor daardie party. Op nasionale vlak kan hulle vir die DA stem, maar in plaaslike verkiesings sal hulle aan hulself moet begin dink en vir die VF+ stem.

дома для куколДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.