Immigrante sal ‘gebraai’ word

Deel op

Buitelanders wat dit waag om terug te keer na De Doorns, sal “gebraai” word.

Twee maande sedert xenofobiese aanvalle in De Doorns uitgebreek het, sê plaaslike inwoners hulle is vasberade om enige Zimbabwiërs wat terugkeer weer weg te jaag.

Die inwoners van Stofland en Ekuphumleni sê hulle weier om enige Zimbabwiërs tot dié woonbuurte te laat terugkeer.

“Ons sal hulle braai en KFC van hulle maak as hulle terugkeer. Daar is geen plek vir hulle hier nie,” het Pastoor Frans Henke ná Sondag se preekdiens gesê.

Inwoners van Stofland en Ekuphumleni het aan die Cape Argus gesê  hulle bedryf heksery en bied hulleself as goedkoop arbeid aan wat aanleiding gee tot werkloosheid onder die plaaslike inwoners.

“Hulle is van ‘n ander kultuur, wat van ons verskil,” meen Henke.

Ten minste 2 000 mense is uit hulle wonings verdryf en woon tans in tentkampe. Hulle het geen idee wat die owerhede  beoog om volgende te doen nie.

коннектор светильника к шинопроводуданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.