Die ons-is-nie-so-nie Afrikaners

Deel op

Die meningspeiling onder Beeld lesers,waar ‘n meerderheid hul ten gunste van ‘n volkstaat uitspreek, is veelseggend as mens in ag neem dat baie “regses” in elk geval nie eers Naspers se dagblaaie lees nie.

Tim du Plessis se reaksie is egter tipies: Hierdie mense wil nie regtig ‘n volkstaat soos Orania hê nie, hulle is maar net ontevrede.

Dan gee Tim vir ons ‘n tipiese Nasperssedeprekie wat daarop neerkom dat jy ontevrede mag wees, solank jy nie “regs” is nie. Soos gewoonlik word die term “regs” en “rassisties” na willekeur omgeruil.

Tim stel dan terselfertyd dat die begrippe regs ,links, verlig en verkramp uitgediende begrippe raak. Hierdie nuwe standpunt is betekenisvol, want politieke etikettering is ‘n sleutelkomponent van Naspers se strategie as selfaangestelde meningsvormer van “Afrikaanses”. Ek vermoed hierdie nuwe standpunt is noodgedwonge omdat, volgens die Naspers definisie van “regs” en “rassisties”, die meeste van Beeld se lesers nou “regse rassiste” is.

Met die Reitzvideo se histerie het Tim egter vir ons ‘n nuwe etiket vir die “nuwe” verligte Afrikaners gegee, nl. die “ons-is-nie-so-Afrikaners”.

Die ons-is-nie-so-Afrikaners het eers ‘n gemors van Apartheid gemaak en nou klaarblyklik aan die onderhandelingstafel ook ‘n gemors van die liberale demokrasie gemaak. Al ideaal wat nou vir hulle oorgebly het is “om nie soos die regses te wees nie.”

Kom ons kyk na ‘n paar tipies regse Afrikaners wat ten gunste is van selfbeskikking:

Piet Retief

Andries Pretorius

Koos de la Rey

Christiaan de Wet

Kom ons kyk na ‘n paar tipies linkse “ons- is-nie-so” Afrikaners wat ‘n nou onbekende politieke bedeling voorstaan:

Piet Koornhof

Pik Botha

F.W.de Klerk

Eugene de Kock

Die interessantste voorbeeld van die ons-is-nie-so-Afrikaners is natuurlik Eugene de Kock,wat volgens Rapport losgelaat gaan word om regses te jag.

Ek verstaan nou hoekom Naspers so ontsteld is oor De Kock se moontlike vrylating, want as hy losgelaat word kan Beeld die meeste van sy lesers verloor.

 

advertising cost onлобановский александр дочь

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.