Graeme Smith in sy noppies

Deel op

Graeme Smith was Sondag aan die einde van die vierde Castle Lager Toets teen Engeland by Wanderers, hoogs in sy noppies.

Sy span het die besoekers met ‘n beurt en 74 lopies geklop om die reeks op dieselfde vlak te bring. Die oorwinning het seker gemaak dat die Proteas die Basil d’Oliveira Trofee kon behou, wat hulle in 2008 in Engeland verower het.

“Ons het ‘n tekort aan goeie kolfwerk in Centurion en Kaapstad gehad en Engeland het baie goed in Durban gespeel. Dit was egter baie lekker om oortuigende krieket hier op Wanderers in Johannesburg te speel.

Ons het die spel gedomineer en ons het die oorwinning verdien.

“Ons was definitief dié span wat die spel met hongerte aangepak het. Ons het drie uit die vier toetse gedomineer en ons het geweet wat ons moet doen toe ons hierheen gekom het.”

“Ek is baie trots op die kêrels.”

Smith het veral groot lof vir Dale Steyn en Morné Morkel se aanvallende boulwerk gehad.

Hy het gesê 2009 was ‘n teleurstellende jaar, maar hy glo egter dat daar goeie krieket in 2010 gespeel gaan word.

“Die laaste tien toetse wat ons gespeel het was teen toets-nasies. Dit was baie kompeterend en dit is wat mense wil sien. Dit is te verstane dat spanne mekaar tot die einde sal druk.

“Ek dink albei spanne het dié reeks gemaak.’

So bly soos was Smith was, was Andrew Strauss, die kaptein van Engeland nie so gelukkig nie.

Volgens hom was die afgelope drie en ‘n half dae baie frustrerend.

 

“Dit is ‘n teleurstellende einde aan die toer. Dit was egter ‘n baie suksesvolle toer gewees en ons het baie verbeteringe in die afgelope 10 weke in Suid-Afrika aangebring.”

 

“Ek het aan die begin van die toer gesê dit gaan ‘n moeilike reeks wees om te wen, so om 1-1 gelykop te speel, is ‘n groot prestasie.”

 

дизельные компрессорыЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.