Woede jeens VSA groei in Haïti

Deel op

In Haïti is woede teenoor die VSA besig om toe te neem weens die feit dat vlugte steeds van die VSA-beheerde lughawe weggewys word.

Verskeie internasionale reddingspanne asook dié van Suid-Afrika is by die lughawe in Haïti weggewys.

Die lughawe by Port-au-Prince is oorvol weens verskeie vliegtuie wat daar geland het om hulpvoorrade af te lewer en bystand in die reddingspogings te verleen.

Intussen het omtrent ‘n duisend mense in een van die strate in Port-au-Prince slaags geraak in plundertwiste. Die mans, gewapen met messe, klippe en hamers, het klere, sakke, speelgoed en ander items uit die beskadigde huise en winkels gesteel.

 

кухни цены украинаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.