Bomgrap kos passasier

Deel op

Die lughawe-owerheid in die Verenigde Arabiese Emirate het bevestig dat ‘n Franse burger in hegtenis geneem is in Abu Dhabi nadat hy ‘n grappie oor ‘n bom gemaak het.

Die 66-jarige Jean-Louis Loiret, is ingevolge internasionale veiligheidsregulasies in hegtenis geneem. Die regulasies bepaal duidelik dat ‘n passasier wat selfs ‘n grap oor terreur maak, in hegtenis geneem kan word.

Amptenare sê hulle het gehoor hoe Lioret twee keer die woord “bom” gebruik het tydens ‘n gesprek met ‘n medepassasier.

Lioret is ná sy tweede grappie oor die bom van die vliegtuig verwyderl en deur die polisie ondervra.

Mense kan vir sewe dae in die Emirate aangehou word sonder om aangekla te word. Lioret is tans in aanhouding.

 

печи дляпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.