Die Brasiliaanse sokkerlegende, Pele, het Sondag gesê Woods is ‘n swak voorbeeld vir jongmense wat na hom opgekyk het.
“Ons is almal menslik. Ons het swakhede en kan op enige gegewe tydstip breekpunt bereik, het Pele gedurende ‘n radio-onderhoud gesê.
“Ongelukkig was dit baie traumaties vir hom en sy familie. Hy het nie ‘n goeie voorbeeld gestel nie.”
Woods is sedert 27 November 2009 in die nuus, toe hy in ‘n motorongeluk buite sy huis in Florida betrokke was.
Ná die vreemde ongeluk, het ‘n seksskandaal rondom Woods se kop losgebars. Hy het later erken dat hy ontrou aan sy vrou was, en dat hy ‘n tydelike vakansie van gholf gaan neem.