‘n Wolkstaat eerder as volkstaatgrense

Beeld se meningspeiling oor die volkstaat het dié debat opnuut laat opvlam, soos die witwarm debat hier op die Praagwerf getuig. Soos ek in vorige rubrieke aangedui het, is ek egter van mening dat ‘n volkstaat bloot die uiteinde van ‘n proses van selfbeskikking is. Selfbeskikking is die ware doelwit, en ‘n volkstaat verteenwoordig slegs die uiteinde van ‘n proses. ‘n Meer sinvolle peiling sou dus eerder gevra het of Afrikaners ten gunste van een of ander vorm van selfbeskikking is, wat ook ‘n volkstaat kan insluit.

Selfbeskikking, die reg om op alle gebiede, ook by die stembus, oor ons eie lot te beskik, is iets wat die Nuwe Suid-Afrika eenvoudig nie aan Afrikaners kan bied nie. Die demografiese realiteit van verswelging deur ander volke sorg daarvoor. Afrikaners en die swart meerderheid se belange bots op bykans alle gebiede. Afrikaners betaal byvoorbeeld die meerderheid persoonlike belasting, maar daardie belasting word op kinder- en ongeskiktheidstoelaes, asook duur motors en hotelle vir die ANC se Wabenzi verkwis, tot nadeel van die klein aantal blankes wat gebuk gaan onder ‘n onhoudbare las. Armblankes wat vir sulke toelaes aansoek wil doen, word egter soms verhinder om so te maak, bloot omdat hulle wit is. Afrikaners ontvang met ander woorde geen waarde vir ons Skandinawiese vlakke van belasting nie, maar ons kan niks daaraan doen nie. In ‘n werkende demokrasie sou Afrikaners hul ongelukkigheid by die stembus kon uitdruk, maar omdat ons slegs 10% of van die bevolking uitmaak, en dit in die belang van die volksvreemde massa is om ons as belastingbetalers uit te buit, is deelname aan die demockracy grootliks nutteloos vir ons.

Alhoewel die volkstaat uiteraard die finale vorm van selfbeskikking is, is ander vorme van selfbeskikking moontlik sonder ‘n volkstaat. Dit is dus na my mening voortydig om nou al grense te wil trek. Om grense te wil trek; of dit nou Orania is, of selfs die grense wat ek ‘n aantal jaar gelede in my eerste rubriek vir Praag om Pretoria wou trek, dien slegs as ammunisie vir opponente om die gedagte af te kraak. Enige grense, veral dié iewers tussen êrens en nêrens in die Noordkaap, gaan op hierdie stadium in ieder geval die meerderheid Afrikaners uitsluit, en gevolglik selfs onder diegene wat die gedagte van selfbeskikking steun, weerstand veroorsaak.

Selfs al vang ons die bus, en kry Afrikaners wonderbaarlik more ‘n grondgebied, ‘n volkstaat, wat maak ons daarmee sonder regeringstrukture? Wie regeer die gebied? Wie verskaf polisie- en veiligheidsdienste? Wie hou ‘n bevolkingsregister in stand? Hoe weet ons wie is burgers en wie nie? Wie reik paspoorte uit? Dit klink vir my dus baie logies om eers die strukture te verstig, en dan later van tyd eers die gebied van ‘n volkstaat te bekom.

Ek het ook al voorheen die gedagte van ‘n Afrikanerowerheid (AO) geopper as voertuig vir bogenoemde. Na my mening sal ‘n vorm van selfbeskikking moontlik wees waarin Afrikaners só ‘n owerheid verkies, en die AO dan regeringsfunksies aan Afrikaners bied. Ons betaal in ieder geval alreeds dubbele belasting, in die vorm van addisionele skoolgelde, privaatsekerheid en mediese fondse. Inwonders van Aapstat sal ook binnekort ons eie vullis moet begin verwyder omdat die ANC-Tshwenes nie die intellektuele kapasiteit het om Graad 3 te slaag nie, laat staan nog ‘n stad te wil bestuur nie.

Waarom nie al hierdie soort funksies, wat die mislukte ANC-regime nie meer kan lewer nie, in een, verkose Afrikanerowerheid, die AO, ‘n owerheid vir Afrikaners, namens Afrikaners en wat uit Afrikaners bestaan, sentraliseer nie? ‘n AO behoort nie slegs operasionele funksies soos veiligheid te verskaf nie, maar moet ook strategiese stappe neem om Afrikaners te bevry. Die AO behoort Afrikaners byvoorbeeld aan te moedig om onsself sover as moontlik te speen van afhanklikheid van die paar dienste wat die ANC-regime nie totaal in duie laat stort het nie. Daar is geweldige ekonomieë van skaal wanneer dit byvoorbeeld kom by die opwekking van elektrisiteit. Elke huis kan sy eie kragopwekker koop die slag as Eksdom in duie stort, of derduisende huishoudings kan ‘n gasaangedrewe kragopwekker saam oprig, teen ‘n heelwat laer eenheidskoste. Stel dus ‘n ruimtelike ontwikkelingsplan op. Moedig Afrikaners aan om sekere gebiede en woonbuurte te beset.

Die AO kan selfs ‘n parallelle ekonomie en geldeenheid op die been bring, waar hy ‘n sentrale bankfunksie lewer, om Afrikaners te beskerm teen die dag wanneer die ANC se ekonomiese wanbestuur en korrupsie lei na ‘n ramp wat Zimbabwe na ‘n vulletjie sal maak lyk. (Ek voorspel dat ons teen 2015 reeds ‘n rand sal sien wat tot R20 teen die dollar geval het.)

Skep al die bostaande sover as moontlik in die kuberruim. Daar is baie IT-kundigheid onder Afrikaners wat so ‘n versameling stelsels kan bou. Maak die AO die wêreld se eerste wolkstaat. Groepe soos Bravoland probeer al vir ‘n geruime tyd iets soortgelyk op die been bring, maar ek weet nie of hulle visie heeltemal tot op hierdie uiterste strek nie.

Bostaande owerheid klink vir my na die logiese eerste stap op die pad na selfbeskikking. Sodra ons nie meer van die ANC-regime afhanklik is vir dienslewering nie, is die stryd half gewonne. Die groot vraag word nou: hoe bring mens die AO op die been?

Ek is baie skepties oor demokratiese komitees en vergaderings as ‘n meganisme om iets soos die AO tot stand te bring. ‘n Kameel is immers ‘n perd wat deur ‘n komitee ontwerp is. Lede van sulke komitees verwar dikwels ook die hou van vergaderings en die nakoming van die korrekte prosedures tydens vergaderings met daadwerklike optrede. Dit is ‘n grootskeepse dwarstrekkery, veral deur diegene wat reken hulle is geregtig op erkenning. Daar was voorheen ‘n poging, waarby ek betrokke was (en waaraan ek persoonlik selfs skuldig was, ha-ha!), om byvoorbeeld ‘n verkiesing onder die vaandel van ‘n Afrikanerraad te hou, wat nie gewerk het nie. Een van die redes was die onafwendbare binnegevegte en faksievorming in al wat ‘n komitee is. ‘n Ander faktor was dat die Afrikanerraad meestal uit onbekende en onbenullige persone soos ek bestaan het. Wie gaan hom steur aan ‘n raad wat bestaan uit onbekendes waarvan niemand nog ooit gehoor het nie?

Hoe kan mens dit beter doen? Ek wil amper sê die beginproses moet relatief ondemokraties wees. Vergeet die eindelose vergaderings en doen iets daadwerkliks. Dis belangriker om wye publisiteit te kry as om die publiek aanvanklik te laat deelneem. Die ideale situasie sou wees as daar ‘n kleinerige groepie bekendes gevorm word, wat byvoorbeeld uit Dan Roodt, Kallie Kriel, Danie Goosen, ‘n VF+-verteenwoordiger, een van die Afrikaner Volksparty, HNP ensovoorts bestaan, wat die gedagte van ‘n AO bevorder, en wie se doel dit is om die maksimum publisiteit vir die saak in te win. (Sou die HNP so ‘n gedagte steun, wonder ek terloops?)

Stig dan die AO as ‘n maatskappy sonder winsbejag, met die doel om dienste aan Afrikaners te lewer, en ook om soveel as moontlik Afrikaners as ingeskrewe lede te betrek. Veiligheid en gesondheidsorg is voordiehandliggende kandidate vir dienste wat die AO kan lewer. In plaas van ‘n legio privaatsekerheidsmaatskappye waarvoor Afrikaners in ieder geval tans betaal, behoort die AO ‘n nasionale veiligheidsdiens aan Afrikaners te lewer. In plaas daarvan dat ons geld verkwis aan mediese fondse wat deur SEB-begunstigdes en Engelse kapitaal beheer word, waarom nie ‘n gesondheidsstelsel vir Afrikaners op die been bring met daardie geld nie, met Afrikanerdokters en mediese personeel? Waarom nie die CVO-skole se konsep uitbrei, en die toenemend-betekenislose Azaniese onderwysstelsel vervang met ‘n Afrikanerstelsel, een waar jy nie ‘n onderskeiding kry as jy slegs 1 + 1 reg kan beantwoord nie? Daar is ‘n toenemende aantal blankes wat agv die ANC-regime se rassistiese praktyke uit diens gestel is. Die AO kan ‘n groot werkgewer vir sulkes wees, as ‘n addisionele pluspunt – Afrikaners as sekerheidsmagpersoneel, onderwysers, administratiewe werkers en mediese personeel.

Die langtermynvisie vir die Afrikanerowerheid is relatief eenvoudig: dit moet aanvanklik ‘n de-facto-, verkose owerheid vir Afrikaners word, wat later van tyd die de-jure-, maw amptelik erkende, owerheid gaan word. Met amptelike erkenning verwys ek na internasionale erkenning, met ambassades of kantore in die buiteland. Afrikaners het baie beslis nie die ANC-regime se toestemming of goedkeuring nodig om oor onsself te beskik nie. Die stigtingsverklaring van die AO-maatskappy behoort amper soortgelyk aan ‘n nasionale grondwet te wees, spesifiseer dat sy bestuur verkies word deur sy lede, en dat verkiesings elke paar jaar gehou moet word. As ek dus ontevrede is met die dienste wat die AO lewer, kan ek vir ‘n ander bestuur stem. Politieke partye kan meeding om die beheerraad se poste, alhoewel die laervlak-amptenare apolitiese aanstellings moet wees. Ek sou ook terloops hoop dat die stigtingsverklaring sal spesifiseer dat selfs die topbestuur se motorvoertuie van ‘n beskeie aard moet wees, Polo’s ipv Audi’s, anders as die gespuis wat die land tans “regeer”. Dink byvoorbeeld aan Fatah en Hamas, die twee groot politieke partye wat deur die Palestyne verkies word om die Palestynse Owerheid (PO) te beheer.

Die belangrike ding om te besef is dat hierdie liggaam in die praktyk dan die ekwivalent van die PO kan wees. Dit sal toenemend die falende ANC regime vervang as die regering vir Afrikaners. Selfs belangriker is dat dit alle Afrikaners tot diens kan wees, en nie slegs diegene wat binne ‘n volkstaat woon nie. Wat die AO ook verteenwoordig is ‘n verkose liggaam wat namens Afrikaners kan praat en ons kan verteenwoordig, veral in die buiteland. Sou ons wel ‘n volkstaat bekom, is die AO se strukture reeds gevestig, en is daar nie ‘n vakuum in terme van ‘n regering nie.

Weer eens: om nou grense van ‘n volkstaat te wil trek, is voortydig en veroorsaak dat ons ons oog van die bal af haal. Selfbeskikking is die doelwit, nie om onmiddelik fisiese grense te wil definieer nie. Kom ons doen dus eers ons huiswerk. Kom ons beywer ons vir selfbeskikking, ons bou eers die struktuur, kom ons stig eers ons staatsdiens en vestig ons owerheid, ons maak ons vry van die juk van ANC-verdrukking, dan bekommer ons onsself oor waar ons volkstaat sal wees.

Wie weet: met die voortsnellende tempo waarteen die ANC se kapasiteit om die land te regeer in duie stort, is dit nie ondenkbaar dat die AO uiteindelik in die praktyk die enigste funksionerende regeringsorganisasie in die hele Suid-Afrika kan word nie.

фонарь уличный светодиодный на столблобановский депутат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.