Fort Hare weier om sy naam te verander

Deel op

Die Pan African Congress (PAC), het onlangs ‘n beroep op die Universiteit van Fort Hare gedoen om die instelling se naam te verander na dié van Robert Sobukwe, die stigter van die PAC en ‘n alumnus van die instansie.

Deel op
Die naam van die universiteit verwys na ‘n Britse soldaat van koloniale tye, ene Generaal Hare. Die universiteit het die versoek egter van die hand gewys en sal die naam Fort Hare behou, ten spyte van die presedente wat elders met naamsveranderings geskep is. Bogenoemde universiteit kan kwalik van rassistiese motiewe of weerstand teen transformasie beskuldig word, siende dat dit ‘n tradisioneel swart universiteit was en is, en ‘n sleutelrol in die "Struggle" gespeel het.

 

Dit is andersyds uiters insiggewend dat Afrikaanse name soos Pietersburg, Potchefstroom, Pretoria en die RAU, op groot skaal verander word, onder die voorwendsel dat sulke name die sogenaamde euwels van kolonialisme of apartheid sou vergestalt, maar dat name soos Queenstown en Fort Hare wat terugverwys na Britse kolonialisme, onaangeraak bly, selfs al word daar voorstelle gemaak soos in hierdie geval.

 

Uit hoofde van bostaande moet die gevolgtrekking noodwendig spruit dat naamsveranderings absoluut niks te make het met kolonialisme nie. Britse kolonialisme en koloniale name is klaarblyklik heeltemal aanvaarbaar vir die regime. Daar is weliswaar ‘n spesifieke, politieke doel met die verandering van Afrikaanse name, naamlik om Afrikaans en Afrikaners stelselmatig etnies uit die sogenaamde reënboognasie te reinig.

game of thronesФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.