En Kleinfontein dan?

Deel op

Nêrens in die jongste artikels oor die volkstaatgedagte maak iemand melding van Kleinfontein nie. Ek wil net sê: Haai, ons het klaar ‘n Afrikanergroeipunt hier! Hier bly ook ‘n duisend Afrikaners, nes op Orania. En ons is, presies soos wat almal voorstel, aan die buitewyke van Pretoria, heeltemal binne trefafstand van werksgeleenthede  . . . en die Menlyn-winkelsentrum.

(Gaan witmense regtig nog Menlyn toe soos Beeld beweer? President Zuma se kiesers wat so in die oorvol gangetjies drentel-drentel, dryf my teen Menlyn se glasdak uit! Glo my, daar is witter winkelsentrums, nader aan Kleinfontein.)

Op Kleinfontein word ons vullis verwyder. Twee maal per week. Sonder bohaai. Ons dogtertjies speel tot na donker veilig in die straat. Ons oumas trek alleen geld by ons OTM sonder om die heeltyd oor hulle skouers te moet kyk. Niemand kaap ons pa’s se motors in hulle opritte nie. Alles wat ons op Kleinfontein doen, doen ons boonop in Afrikaans.

Daar is ongelukkig baie binnegevegte op Kleinfontein. Ek is sat van die storie dat ons ou volkie mos nooit kan saamwerk nie. Dis waar van alle volke. Die Oos-Duitsers het so oor en weer oor mekaar geklik by die Kommuniste dat die huidige regering steeds die dossiere van die ou geheime diens dig hou. En gaan kyk maar weer na die fliek Braveheart om te sien hoe die Skotte mekaar uitverkoop het.

Die waarheid is veel eerder dat niks wat regtig die moeite werd is, tot stand kan kom sonder ‘n stryd nie. Kleinfontein sal sy probleme oplos.

Het jy murg in jou pype? Is jy ‘n Afrikaner wat genoeg gehad het van misdaad en chaos? Kan jy hard werk, vasbyt, (partykeer) bekhou en moedhou? Emigreer dan Kleinfontein toe. Jou volk het jou nodig.

фильтр для компрессора купитьФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.