Louis Trichardt se naam weer in gedrang

Deel op

Die omstrede naamsveranderingsproses van Louis Trichardt na Makhado sal weer van vooraf begin, het die Geografiesenaamraad Donderdag gesê.

“Ons het vandag aansoeke ontvang waarna ons sal kyk. Ons sal dit ook aan die minister van kuns en kultuur voorlê,” het Tommy Ntsewa, voorsitter van die raad, gesê.

Louis Trichardt se naam is in 2002 na Makhado verander, maar in 2005 het die hooggeregshof besluit dat dit weer terug moet verander omdat die regte prosesse nie gevolg is nie.

“Die hof het besluit dat die regte stappe nie gevolg is toe die proses die eerste keer plaasgevind het nie. Vandag het ons nuwe aansoeke. Ons sal dit nagaan om te verseker dat konsultasie plaasgevind het,” het Ntsewa gesê.

Hy het ook gesê dat die naam van die nuwe lughawe in La Mercy naby Durban bespreek sal word. Die regering het voorgestel dat die lughawe King Shaka-lughawe heet.

“Ons het min tyd oor om te besluit op ‘n naam vir die nuwe lughawe. As die kwessie nie opgelos word nie sal dit bekendstaan as X-lughawe,” het Ntsewa gesê.

 

детский реглан для девочкиДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.