ANC verwerp kwytskeldingsvoorstel

Deel op

Die kantoor van die ANC-hoofsweep het Donderdag gesê hulle sal die voorgestelde wetgewing op presidensiële kwytskelding, wat deur die Demokratiese Alliansie voorgestel is, “verwerp”

Die DA het die wetsontwerp Woensdag ingedien nadat die presidensie bevestig het dat ‘n versoek om kwytskelding van Schabir Shaik ontvang is.

Shaik is president Jacob Zuma se voormalige finansiële raadgewer, en is in 2005 skuldig bevind op aanklagte van bedrog en korrupsie.

“Die wetsontwerp van die Demokratiese Alliansie het geen wetlike of feitelike basis nie, en grens aan ‘n voorgestelde hersiening van die Grondwet,” het ‘n vrystelling van die ANC-hoofsweep se kantoor Donderdag gesê.

“Die voorstel is dus óf ‘n produk van powere regsadvies, óf die werk van ‘n onkundige, publisiteitshonger parlementslid.”

Die wetsontwerp stel onder andere voor dat strenger maatreëls ingestel behoort te word om die redelike toekenning van presidensiële kwytskeldings te verseker.

Pierre de Vos, ‘n kenner in Grondwetlike Reg, sê dié kwytskeldings is volgens die huidige Grondwet slegs onderhewig aan die prerogatiewe mag van die president, en is slegs beperk deur die bepaling dat dit in goedertrou toegeken sal word.

 

free spins noлобановский александр интервью

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.