Afrikaners van oraloor steun ‘n volkstaat

Jaco Mulder
Deel op

Jaco MulderEk sien myself as ‘n moderne Christen-Afrikaner wat woon in Gauteng, dien op besture van moderne en suksesvolle instellings en aktief deelneem aan die openbare lewe. Ek is deel van Suid-Afrika en wil graag deel van die oplossing wees.

Die werklikheid skets egter ‘n prentjie waar ek en my mense vervreem word deur regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging wat my groep spesifiek uitsluit van deelname. Misdaad en swak dienslewering vier hoogty. Daar word vir my besluit hoe ek my kind moet opvoed, wat die taalbeleid van die skool moet wees en hoe my rugbyspan se embleem moet lyk.

Ek is vry om deel te neem en insette te gee, net solank dit nie bots met die siening van die regering nie. Die grondwet van Suid Afrika waarborg die veiligheid van sy burgers; die staat het reeds gefaal. Ons vroue en kinders word vermoor, verkrag. Ek leef in ‘n liberale demokrasie wat deur Pieter du Toit van Beeld se ANC en DA gedryf word, waar menseregte geskend word, groepsregte misken word en mense nie hul perke ken nie.

As provinsiale raadslid is ek besig om vure dood te slaan, te keer, dorp en -straatnaamveranderings te beveg. Ek is oortuig dat ‘n volk wat nie ‘n mate van selfseggenskap oor homself het nie, binne ‘n paar dekades sal verdwyn. Meer as ‘n derde van alle Afrikaners wat in 1994 in Suid-Afrika was, het reeds geëmigreer en ons sal waarskynlik teen 2040 minder as 500 000 wees.

Ek is nie erg ontsteld oor Pieter du Toit se opinie nie; elkeen is mos geregtig daarop, ook oor die ondersteuning van ‘n volkstaat, al dan nie. Wat my meer ontstel, is die blatante onwaarhede en verdraaiing van feite wat al meermale in sy beriggewing opgeduik het, hetsy deur mistasting of opset. Ek is reeds 13 jaar aktief betrokke by Orania en het 4 jaar gelede ook daar begin sake doen.

Orania-inwoners is oorwegend jonger as 45 en nie ouer soos wat Du Toit beweer nie. Orania beskik oor sy eie ekonomie en bestaan in harmonie met sy omgewing. Verskeie dorpe op die platteland waaronder Hopetown, Petrusville in die Noord-Kaap en Heilbron in die Vrystaat en ander het reeds vergaan vanweë swak bestuur. Du Toit swyg daaroor. Stukkende paaie, vervalle geboue, werkloosheid en armoede is aan die orde van die dag. Orania daarenteen floreer en gaan vooruit.

Du Toit antwoord sy eie vrae en voorbehoude deur toe te gee dat Suid-Afrika in ‘n toestand is. ‘n Liberale demokrasie het ‘n moeilike kans op oorlewing in ‘n diverse land waar menseregteskendings aan die orde van die dag is. Dit is wonderlik bevrydend om ‘n bydrae tot jou eie toekoms te kan maak, waar jou insette ‘n verskil kan maak, positief en opbouend is. Meeste Afrikaners sal altyd oral in die wêreld bly. Ons is moderne mense, ons splits atome, plant harte oor, presteer in Hollywood, Pretoria en Krugersdorp. Ons benodig egter ‘n kultuurenjinkamer, ‘n Afrikaanse universiteit en ‘n plek waar ons toekoms verseker is. Moderne Afrikaners steun die gedagte van oral waar hul tans woon.

Dit is vooruitgang en nie ‘n terughunkering na die verlede nie.

free slot gamesлобановский александр дочь

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.