Neem tugstappe teen Tshwane-sportraad

Deel op

Die VF Plus-stadsraadslid, mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, het vandag in ʼn verklaring gesê dat geen voorstel vir die verandering van die Blou Bulle se kleure nog ooit voor die Tshwane metroraad gedien nie. “Geen aankondiging oor ʼn proses of voorstelle vir enige wysiging is ooit deur die stadsraad ontvang of bespreek nie.”

Uit die aard van onlangse berigte word daar voorgegee dat daar al reeds ʼn politieke proses verloop het en asof ’n besluit geneem is om die Blou Bulle se kleure te verander.

Jansen van Rensburg het gesê dat dit onder die party se aandag gekom het dat daar amptenare in die Tshwane metroraad is, spesifiek in die Sport- en Rekreasie-departement, wat betrokke is by hierdie onwettige poging. Die VF Plus het geëis dat daar tugstappe geneem moet word teen amptenare van die Tshwane metroraad wat betrokke is by die sogenaamde “Tshwane-Sportraad”. “Die feit dat amptenare voorgee dat die Tshwane-Sportraad ʼn mandaat van die metroraad het, is niks ander as bedrog nie,” het Jansen van Rensburg gesê.

“Die Tshwane metroraad se Burgemeester moet kennis neem van die passievolle ondersteuning wat daar in Pretoria bestaan vir die Blou Bulle Rugbyspan, hul embleem en hul kleure. Enige poging om hiermee te torring sal groot reaksie uitlok.”

 

насосного оборудованиялобановский александр досье

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.