Volkstaat moet Weste van die land uitmaak

Volkstaat vanaf Orania weswaarts
Deel op

Volkstaat vanaf Orania weswaartsDie huidige debat rondom ‘n volkstaat wat op beide Praag en Die Beeld se webwerwe losgebars het, het my genoop om na beide die kaarte van Praag en die VF+ se voorgestelde gebiede te kyk. Die gebied wat deur Praag voorgestel word sal ideaal wees, maar ek kan eenvoudige nie insien hoe die ANC ooit afstand van hierdie gebiede sal doen nie. Dit vorm hoofsaaklik die ekonomiese hartland van die Suid-Afrikaanse staat, en demografies bevat dit ‘n baie hoë bevolkingsgetal wat by verre uit nie-Afrikaners bestaan. Ek wil my eie voorstel indien en sal graag die mense van Praag se opinie daaroor wil pols.

As ‘n mens die VF+ se voorgestelde gebied in die Noord-Kaap (met dorpe soos Prieska, Barkly-Wes en Jan Kempdorp ook ingesluit) neem en dit deur ‘n strook met die Groter Pretoria area (insluitend Brits en Hartebeespoortdam) verbind, kan dit nie ‘n meer verkrygbare gebied vorm nie. Hierdie strook sluit dan rofweg die Wes-Rand, Potchefstroom, Klerksdorp en Schweizer-Reneke in. Dalk kan dele van die Noordwes-Vrystaat wat gebiede soos Bothaville en Odendaalsrus insluit aangeheg word?

Die voordele van die VF+ gebied is dat dit yl bewoon is, dus kan ‘n Afrikaner meerderheid wel in ‘n relatiewe kort tydperk bewerkstellig word en daar is geen nywerhede of myne wat die ANC as redes kan aanvoer om nie die gebied af te staan nie. Dit verleen ook toegang tot die weskus en dus ‘n seeverbinding. Die Groter Pretoria gebied, die Wes-Rand en die strook wat dele van die ou Wes-Transvaal en Noordwes-Vrystaat kan insluit bevat reeds ‘n hoë konsentrasie Afrikaners, daar is sterk kultuur-historiese aansprake en ‘n reeds gevestigde infrastruktuur. Dit mag ook net makliker wees om byvoorbeeld Afrikaners wat in die Oos-Rand en Johannesburg woon te oorreed om hulle in die Afrikaner Wes-Rand of Groter Pretoria gebiede te vestig. Nie juis ‘n reuse trek dan nie of hoe! Ek sien uit na Praag se kommentaar.

тамбов лежакилобановский александр игоревич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.