Volkstaat kan ‘n Zimbabwe-eindspel verhoed

Skets van die volkstaatgebied
Deel op

Skets van die volkstaatgebiedBeeld het vandag ‘n verkorte weergawe van my brief in antwoord op Pieter du Toit se Volkstaat hou g’n heil in gepubliseer. Hier is die volledige brief, wat ek intussen ‘n bietjie bygewerk het. (Ek dink Beeld is  gister oorval deur briewe, want vele mense in die Vryheidsfront het ook skrywes aan die koerant gerig, wat uiteraard nie almal geplaas is nie.)

Pieter du Toit maak die gedagte van ‘n Afrikanervolkstaat op stereotipe wyse af as ‘n plek waar “gedwonge segregasie” sal geld en wat bewoon sal word deur bejaarde en bebaarde mense.

Die soort volkstaat waarvoor ek, die Vryheidfront Plus en baie ander denkende, moderne en ingeligte Afrikaners ons beywer, sal egter ‘n plek wees sónder gedwonge segregasie waar Afrikaners ‘n meerderheid sal vorm. Dieselfde streng, maar billike maatreëls teen onwettige immigrasie sal geld wat in enige ontwikkelde land, hesy in die EU, hetsy in Noord-Amerika, Australië of waar ook al toegepas word.

Afrikaners sal oplaas ná eeue van vlug, swerf en stryd omdat ons deur Katolieke Spanjaarde, moordlustige Britte en nou rassistiese Afro-Saksers verdruk is, vryheid smaak.

Ons eis ‘n derde van die land in ‘n strook wat loop van Pretoria-Oos tot anderkant Witbank met Jan Smuts-lughawe en die meeste kragsentrales, asook suidwaarts ‘n groot deel van die Oos-Vrystaat tot in die Suid-Kaap met die kusgebied tussen Port Elizabeth en Mosselbaai daarby ingesluit.

Soos dr. Willem van Heerden in sy boek Hartland van die Afrikaner aangetoon het, word hierdie gebied reeds in ‘n hoë mate deur Afrikaners beset en sou ons kort ná afstigting daar ‘n demografiese meerderheid kon verkry, veral as die diaspora-Afrikaners kan terugkeer.

Uiteindelik sal die twee buurlande van Mzanzi (“Suid-Afrïka” is in elk geval ‘n apartheidskonsep wat moet ophou bestaan) en die te stigte Afrikaanse Republiek se bevolkings vanself op grond van taal en kultuur segregeer, net soos wat Duitsers nie in Frankryk wil gaan bly nie en andersom, al is grense in die EU lank reeds afgeskaf.

Swartmense en vele Engelssprekende blankes verkies die huidige regeringsvorm met sy welvaartstaat, misdaad, Engels, regstellende aksie, omgewingsbesoedeling en korrupsie wat ons tegelyk woedend en moedeloos maak.

Net so sal hulle waarskynlik ontuis voel in ‘n land met wetstoepassing, Afrikaans en hoë opvoedkundige standaarde waar niks op ‘n skinkbord verkry word nie. Dit sal egter ordelik, skoon en veilig wees met die helfte van Suider-Afrika se BNP en Afrikaans as enigste amptelike taal.

Vryheid in ‘n eie staat is waarvoor ons voorouers uit Nederland, Frankryk en Duitsland die seë aangedurf het, waarvoor hulle oor die Drakensberg getrek en twee Vryheidsoorloë geveg het.

Dat Beeld-lesers ook hierdie ideaal koester, is iets om oor opgewonde te raak. ‘n Afrikanervolkstaat kan die hele Suider-Afrika van ondergang red soos wat ‘n Zimbabwe-eindspel in ons land vermy word. Vele swartmense sal dit ook só sien.

Die multikulturele Afro-demokrasie wat ons in 1994 gekry het, het grotendeels misluk. Die hoofrede daarvoor is dat die argitekte daarvan soos ambassadeur Renwick van Brittanje, die destydse Broederbond, FW de Klerk en Roelf Meyer, die rol van etnisiteit in Afrika totaal onderskat of gewoon geïgnoreer het. Net vanmôre luister ek na ‘n onderhoud met Deon Theron van Zimbabwe se Commercial Farmers Union. oor Radio Pretoria Volgens hom, “gaan die hele proses van grondhervorming oor ras. Daar word reguit gesê dat ‘ons nie meer witmense in die land wil hê nie'”. Selfs hervestigde swart boere wat hul grond aan wittes wil verhuur, word gedreig en geïntimideer om dit nie te doen nie. Indien so ‘n “nuwe (swart) eienaar” sy plaas aan ‘n blanke sou verhuur, word hy op sy beurt “onteien” of beset.

Dan bekla Theron dit dat die Suid-Afrikaanse regering niks doen om Suid-Afrikaanse grondeienaars in Zimbabwe te help nie. ‘n Brief in dié verband is onlangs aan die Suid-Afrikaanse ambassade in Harare gerig, maar dit is nie eens oopgemaak nie en heeltemal deur “ons” ambassadeur in Zimbabwe geïgnoreer. Dit is helder en duidelik dat die ANC die proses van etniese suiwering van blankes in Zimbabwe goedkeur en waarskynlik dieselfde hier ter plaatse beplan sodra omstandighede dit toelaat.

Op die duur verdra die swartman in ‘n magsposisie geen ander rasse in sy grondgebied nie. In Zimbabwe word dit openlik gesê en geen ANC-woordvoerder het nog dié beginsel teëgespreek nie. Sónder ‘n volkstaat is die blanke Afrikaner aan hierdie oeroue logika van “Afrika vir die Afrikaan” uitgelewer.

Die rampspoedige gevolge vir die subkontinent as die Afrikaner met sy landbou- en tegnologiese kundigheid uit Suid-Afrika verdryf word, gaan deur 200 miljoen mense gevoel word en die internasionale gemeenskap sal nie die hongersnood en verval op ‘n baie groter skaal as in Zimbabwe kan hanteer nie.

‘n Tuiste vir die Afrikaner waar hy aan die rasselogika van “Afrika vir die Afrikaan” kan ontkom, is dus onontbeerlik indien die ekonomiese stelsel wat hoofsaaklik in Gauteng gesetel is, gered wil word. Dit verklaar ook waarom die hoofstad van die Afrikaanse Republiek nie in Orania gesetel moet wees nie, maar in Pretoria en die omliggende stedelike gebiede waar die meeste Afrikaners tans woon.

free downloads casinoДанильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.