Zim sny Namibië se krag af

Deel op

Zimbabwe se kragvoorsiener is beveel om die uitvoer van elektrisiteit na Namibië te staak en eers in sy eie behoeftes te voorsien, is Woensdag in die land se staatskoerant berig.

Volgens die Herald het Elia Mudzuri, Zimbabwe se minister van energie, gesê dié land se kragstasies kan nie voortgaan om elektrisiteit na Namibië uit te voer, soos wat daar in ‘n ooreenkoms in 2007 bepaal is nie.

Zimbabwe moet tans self elektrisiteit invoer weens sy kragtekort, het Mudzuri gesê.

“Ons kan nie ‘n situasie hê waar ons moet invoer om te kan uitvoer nie,” het Mudzuri aan die koerant gesê.

“In die verlede het ons nooit opgehou om krag aan (Namibië) te voorsien nie, selfs toe die Hwange-kragstasie foutief was.

“Dit het beteken dat ons ingevoer het en dan weer moes uitvoer. Dis net nie reg nie,” het hy gesê.

Zimbabwe ervaar gereelde kragonderbrekings wat by tye tot 15 ure duur.

In 2007 het Zimbabwe en Namibië ‘n ooreenkoms onderteken waarvolgens Namibië ‘n lening van R40 miljoen toegestaan het aan Zimbabwe om te help met herstelwerk aan sy kragstasies.

Zimbabwe sou dan dié lening in die vorm van elektrisiteit aan Namibië terugbetaal.

 

casino games with bonusesАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.