‘n Musiekblyspel oor Obama se “Yes we can”-verkiesingslagspreuk gaan hierdie naweek in Duitsland open.
Die blyspel sluit liefdesliedjies van die president aan sy vrou Michelle in en samesang met Hillary Clinton.
Selfs Sarah Palin en John McCain maak hulle buigings om die verloorders, die Republikeine, te verteenwoordig.
Dertig sangers, akteurs en dansers sal aan die verhoogstuk deelneem getiteld “Hope – the Obama Musical Story”.
Dit word in die Jahrhunderdtallekonsertsaal in Frankfurt gehou en sal in ‘n mengsel van Engels en Duits aangebied word.
Die gehoor sal uittreksels uit politieke toesprake asook aanhalings van die 2008-verkiesingsveldtog herken.
Jimmy Wilson sal die rol van Obama vertolk.
Twee ander musiekblyspele oor die president is reeds opgevoer elders. In Londen het “Obama on my mind” verlede jaar gespeel en in Nairobi “Obama, the musical”