Zuma ontken nie Shaik-aansoek

Deel op

President Jacob Zuma het nie ontken dat Schabir Shaik aansoek gedoen het om presidensiële kwytskelding nie, het sy woordvoerder Dinsdag gesê.

Dit kom nadat die DA Maandag heftig gereageer het kort ná Zuma tydens ‘n televisieonderhoud glo ontken het dat Shaik aansoek gedoen het om kwytskelding.

“Die president het meer as 300 aansoeke voor hom en het nog nie een van hulle gesien nie,” het Vincent Magwenya gesê.

Die Citizen het ook oor die voorval berig onder die opskrif: “Pardon me? Who’s lying about Shaik request”.

“Mense moenie stres oor dinge waaroor die president grondwetlike beheer het nie,” het Magwenya gesê.

Volgens Magwenya dien die debat rondom die presidensiële kwytskelding geen doel nie, omdat slegs Zuma kan besluit om ‘n kwytskelding toe te staan of nie.

“Die president is nie verplig om by enige tydsbeperking te hou nie. Hy sal sy tyd neem om deur die aansoeke te gaan en sal ‘n besluit neem wanneer hy al die feite en inligting in ag geneem het,” het hy gesê.

 

что такое хамам фототопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.