Vreemdelinghaat vlam weer op

Deel op

Die polisie in die Wes-Kaap moes van rubberkoeëls gebruik maak om ‘n skare van sowat 400 Riviersonderend-inwoners uitmekaar te jaag.

Dit kom nadat inwoners op loop gegaan het en verskeie Somaliërs aangeval en hulle winkels verwoes het.

“Hierdie is nie ‘n xenofobiese aanval nie. Die inwoners was woedend omdat die polisie die liggaam van ‘n 20-jarige in die veld gevind het. Die man is in Desember as vermis aangemeld en was laaste saam met Somaliërs gesien,” he insp. November Filander, polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.

Inwoners het ‘n versoek aan die munisipaliteit gerig om Maandag ‘n betoging in die strate te hou. Hierdie versoek is afgekeur. Inwoners het egter voortgegaan met die optog wat later gewelddadig geraak het.

Die polisie het die skare met rubberkoeëls verjaag. ‘n 30-jarige vrou is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

Sowat 20 Somaliërs het skuiling by die plaaslike polisiekantoor gaan soek. Hulle moes Dinsdagoggend na aangrensende woongebiede skuif.

 

осушитель воздухаАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.