Politieke gesprek met Carel Boshoff IV, Dan Roodt, Kallie Kriel en Danie Goosen

Deel op

Alle PRAAG-lesers word uitgenooi na die tweede politieke oopgesprek rakende die huidige situasie en die pad vorentoe vir die Afrikaner in Suid-Afrika – ‘n nugtere blik, sonder politieke retoriek. Die sprekers is Carel IV Boshoff van Orania, Dan Roodt van Praag, Kallie Kriel van Afriforum/Solidariteit en Danie Goosen van die FAK. Daar sal ook tyd wees vir bespreking uit die gehoor.

Datum: 15 Januarie 2010
Tyd: 19:00

Aangebied deur Diamantvallei Landgoed, ongeveer 20km oos van Pretoria. Padaanwysings kan verkry word by www.diamantvallei.co.za . Ligte verversings sal verskaf word en ‘n kontantkroeg is beskikbaar. Bywoning is gratis, maar donasies is welkom om kostes van sprekers en verversings te dek. Almal is welkom, maar laat weet asb. indien moontlik, sodra u seker is of u kom, sodat ons ‘n idee kan kry van getalle: aanvaar die uitnodiging op facebook of e-pos: stoman@diamantvallei.co.za of skakel tel. (012) 736 2154

Is jy ook keelvol vir tweedeklasburgerskap? Grief dit jou ook dat jou Afrikanerskap polities inkorrek is? Voel jy dis tyd om vas te skop? Kom praat saam daaroor – nugter en realisties. Dis ons elkeen se verantwoordelikheid om deel te neem as jy ‘n verskil wil sien. Niemand gaan dit vir ons gee nie, ons moet dit self doen.

кукольный домик купитьЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.