Nuwe rasseherrie rondom Obama se velkleur

obama en hillary
Deel op

obama en hillaryEen van die vername leiers van die Amerikaanse Demokratiese Party en meerderheidsleier in die senaat, Harry Reid, het verskoning aangeteken vir ‘n opmerking oor president Barack Obama se velkleur en taalgebruik. Ook oudpresident Bill Clinton het glo oor Obama gesê dat “dié vent ‘n paar jaar gelede nog vir ons koffie sou gebring het”.

Volgens die skrywers Mark Halperin en John Heilemann in hul book “Game Change”, het Reid in 2008 oor Obama gesê “…hy is ‘n Afro-Amerikaner met ‘n ligte vel sonder ‘n Negerdialek tensy hy daarmee wíl praat”, wat deur die kiesers omhels sou word.

Ná intense aanvalle en kritiek in die media, het Reid nou persoonlik vir Barack Obama om verskoning gevra deur in ‘n verklarng te sê: “Dit spyt my innig dat my woordkeuse so swak was. Ek vra opreg om verskoning dat ek met my onbehoorlike kommentaar aanstoot aan enige of alle Amerikaners gegee het. Ek was ‘n trotse en geesdriftige ondersteuner van Barack Obama gedurende sy veldtog en het so hard as ek kan gewerk om president Obama se wetgewingsprogram te ondersteun.”

In ‘n geskrewe verklaring wat Saterdag uitgereik is, het Obama laat weet dat hy Reid se verskoning “sonder huiwering aanvaar want ek ken hom reeds jare lank, ek het gesien watter hartstogtelike leierskap hy oor maatskaplike geregtigheidskwessies getoon het en ek weet wat in sy hart is. Wat my betref, is die saak afgehandel.”

Die koerant The Atlantic wat uittreksels met Reid se “aanstootlike woorde” oor die velkleur en aksent van die president geplaas het, het ander aanhalings gepubliseer waarin Bill Clinton teenoor senator Ted Kennedy opgemerk het: “‘n Paar jaar gelede sou dié vent vir ons koffie gebring het.”

Clinton se vrou Hillary wou aanvanklik Obama se vorige dwelmgebruik aan die groot klok hang, maar haar raadgewers het dit sterk teengestaan en uiteindelik het sy ook haar eie standpunt daaroor verander.

Senator Harry Reid se gewildheid was reeds besig om sy tuisstaat, Nevada, te taan vóór sy gewraakte verwysing na Obama se velkleur en hy veg nou om sy politieke lewe. Volgens Reid se woordvoerder, Jim Manley, het Reid intussen “uitgereik” na ander Demokratiese en swart leiers, waaronder eerwaarde Al Sharpton, die voorsitter van die NAACP (National Association for the Advancement of Colored People) Julian Bond en ander.

“Hulle was in totaal omtrent ‘n dosyn,” het Manley gesê.

In Washington het Reid ondersteuning ontvang van die meerderheidsweep in die kongres, James Clyburn, ‘n swarte van Suid-Carolina en in sy tuisstaat Nevada van Steven Horsford, wat die meerderheidsleier in die deelstaat se senaat is.

Reid het dit ook benadruk dat hy “gedurende sy hele loopbaan hard gewerk het om kwessies te bevorder, van die integrasie van die Las Vegas-strook en die dobbelnywerheid tot my teenkanting teen radikale regters en die bevordering van diversiteit in die senaat”.

Постельное бельеЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.