Geen tekort aan (blanke) vaardighede nie

Deel op

Na aanleiding van die vrystelling van die matriekuitslae, bekla al wat ‘n organisasie is die sogenaamde tekort aan vaardighede wat kwansuis veroorsaak gaan word deur die 95% van die Azaniese studente se totale gebrek aan ‘n aanleg vir wiskunde en wetenskap.

Ons word deur die doemprofete vertel watter lelike (dog ongespesifiseerde) gevolge op die land sou wag as veral swart matrikulante nie wonderbaarlik, van iewers af, nie en-masse die kapasiteit kry om wiskunde te begin verstaan en deurkom nie. Omdat daar glo ‘n tekort aan swart ingenieurs en rekenmeesters bestaan, gaan die land in die toekoms glo sukkel. Bedoel diegene ons sukkel nie alreeds met Eksdom, riool in die Vaalrivier en ‘n dreigende waterkrisis nie?

Bostaande is egter ‘n volkome mite. Daar is, buiten in kommunistiese lande, meestal geen tekort aan enige iets met ‘n ekonomiese waarde nie – brandstof, huise, motors, kos ensovoorts. Daar is weliswaar nie ‘n onbeperkte gratis aanbod daarvan nie, en dus is daar ‘n skaarsste. ‘n Skaarsste en ‘n tekort is allermins dieselfde ding nie. ‘n Tekort impliseer dat daar eenvoudig te min beskikbaar is. ‘n Skaarsste dui daarop dat daar wel ‘n aanbod van ‘n item is, maar dat dit ‘n prys het. Hoe skaarser, hoe duurder word die item.

Wanneer veral werkgewers en maatskappye teem dat daar ‘n tekort van byvoorbeeld ingenieurs sou wees, bedoel hulle eintlik dat daar ‘n skaarsste bestaan aan ingenieurs wat bereid is om te werk teen die salaris wat die werkgewer aanbied. Dis nie dieselfde as ‘n tekort nie.

Bostaande is veral die geval met blanke ingenieurs, rekenmeesters, dokters en ander professionele persone. Benewens die miljoen of meer blankes wat landuit gevlug het, is honderdduisende professionele kundiges in terme van die ANC regime se etniese suiwering van blankes bekend as regstellende aksie oorbodig gemaak. Daar is dus byvoorbeeld geen tekort aan dokters wat bereid is om in plattelandse hospitale te werk nie. Daar is bloot ander lande soos Kanada wat bereid is om markverwante salarisse vir Suid-Afrikaanse dokters te betaal, teenoor die Suid-Afrikaanse staat wat nie ‘n behoorlike salaris wil betaal wat ‘n dokter vergoed om in die vullis en chaos van ‘n tipiese Azaniese hospitaal te moet werk nie. Verhoog egter die prys, betaal genoeg, en die dokters sal terugkeer uit Kanada.

Wat die werkgewers en staatsdiens eintlik verwag, sonder om dit hardop te sê, is dat daar soveel swartes gaan wees wat matriekwiskunde kan slaag, dat daar ‘n ooraanbod van ingenieurs en rekenmeesters gaan ontstaan. Wanneer daar ‘n ooraanbod ontstaan, daal die prys na vlakke wat meer aanneemlik vir ‘n suinige werkgewer is. Geen rasionele persoon verbeel hom egter dit gaan ooit gebeur nie. Ek is bevrees die probleem met wiskunde en wetenskap het oorsake wat nie deur blote ingrypings in die onderwys aangespreek kan word nie.

Op ‘n stadium sal werkgewers die stang moet vasbyt, en hulself noodwendig op uitgeweke en afgetrede blanke kundiges moet beroep.

arabian nightsданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.