Matriekslaagsyfer daal met 2%

Angie Motshekga... 'teleurgestel en bekommerd'
Deel op

Angie Motshekga... 'teleurgestel en bekommerd'

Ongeveer 60,7 persent van matrieks het die 2009-eksamens geslaag, wat ‘n daling van effens minder as twee persent teenoor 2008 se syfer verteenwoordig, het die ANC-minister vir basiese onderwys, Angie Motshekga, vanmôre gesê.

Motshekga meen dat, hoewel die daling redelik klein is, dit “baie teleurstellend” is.

In 2008 het 62,5 persent van matrieks geslaag.

“Om te sê dat ons ongelukkig is, is om dit sagkens te stel. Ons het slapelose nagte gehad en ons daaroor bekommer.”

Sy het gesê die departement sal maatreëls in werkings stel om te sorg dat die stelsel verbeter.

Volgens haar het vakke soos wiskunde, natuurwetenskap en rekeningkunde meer aandag nodig.

Alle uitslae vir al die provinsies, Mpumalanga inkluis waar vraestelle uitgelek het, is bekendgemaak en beskikbaar aan studente.

Maandag het Umalusi gesê dat die goedkeuring van die Mpumalanga-uitslae vertraag sou word, na aanleiding van ‘n ondersoek. Dié uitslae is egter ook vandag vrygestel.

укладка ламинатлобановский александр отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.