Staat stuur op geldkrisis af

Deel op

Suid-Afrika stuur op ‘n begrotingskrisis af met ‘n geskatte rekordtekort van 7,6% van die bruto nasionale produk in die 2009/2010-belastingjaar. Sommige ekonome meen egter dat dit nog veel hoër kan wees.

Volgens die minister van finansies, Pravin Gordhan, gaan belastinginvorderings vir die 2009/2010-jaar ongeveer R70 miljard minder as die begrote bedrag wees; dis nou nog afgesien van die tekort wat reeds in die begroting voorsien is.

Gegewens wat Maandag deur die nasionale tesourie uitgereik is, toon dat belastinginkomste vir die eerste agt maande van die jaar R26 miljard laer as in die vorige jaar was.

Terwyl die staat minder geld ontvang, het hy sy uitgawes drasties verhoog, vanaf R403,2 miljard in die vorige belastingjaar tot R489,5 miljard in die huidige jaar wat einde Februarie ten einde loop.

Ekonome voorspel dat die effense herstel in die ekonomie weinig gaan doen om die staatskas weer vol te maak en dat finansiële druk op die staat gaan voortduur, met die begrotingstekort wat waarskynlik opwaarts aangepas gaan word.

конструктор домикАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.